VS munisipaliteite in ‘n gemors
Kommentaar (0)
17/07/11
· Redaksie
Daar is ongelukkig nie 'n ander manier as om dit te beskryf nie, indien gelet word op drie gesaghebbende verslae oor die stand van munisipaliteite wat die afgelope drie weke gepubliseer is.
Eerstens, het die nasionale Ouditeur-generaal (OG), mnr. Terence Nombembe, aan nie 'n enkele Vrystaatse munisipaliteit of munisipale eenheid 'n ongekwalifiseerde oudit toegeken nie. Van die 20 munisipaliteite en vyf munisipale eenhede, het ses nie eens ‘n ouditverslag ingedien nie. Van die munisipaliteite het ses darem verbeterde ouditverslae vergeleke by 2008/09 ingdien, 13 het onveranderd gebly en een het agteruitgegaan.
Van die 283 munisipaliteite in SA, het slegs sewe skoon ouditverslae ontvang.
Op die hakke van hierdie verslag, het die provinsiale OG, mnr. Ben van Niekerk, sy munisipale verslag vir die Vrystaat vir 2009/10 ter tafel gelê.
Daaruit blyk dit dat belastingbetalergeld ten bedrae van R1,2 miljard deur Vrystaatse munisipaliteite vermors is in die betrokke jaar. Hy het ook bevind dat Matjhabeng Munisipaliteit nie bewyse van betaling kon voorlê vir uitgawes ten bedrae van R258 miljoen. In 11 munisipaliteite is bykans R623 miljoen bestee sonder die nodige magtiging, R99 miljoen waarvan in Mangaung Munisipaliteit.
In sy verslag wys Van Niekerk ook op agt munisipaliteite wat nie finansieël volhoubaar is nie – Kopanong, Letsemeng, Mafube, Mohokare, Ngwathe, Phumelela, Setsoto en Matjhabeng.
In die gevalle van Kopanong, Letsemeng, Mafube en Mohokare oorskry die laste die bates en is hulle inderdaad bankrot.
Hierdie twee verslae loop saam met die Groendruppel-verslag wat pas uitgereik is- met amper net so 'n 'n treurige verhaal. Van die 821 munisipale rioolaanlegte in die land wat getoets is, het 40 'n uitstekende beoordeling gekry en Groendruppel-status verwerf. Nog 78 is as goed beskryf, terwyl 243 'n “gemiddelde standaard” handhaaf. Altesaam 143 het swak presteer, met die toestand van 317 wat as kritiek beskryf word.
Meer as die helfte van die aanlegte – en dalk nog van dié in ander kategorieë - laat dus onveilige water deur na die land se waterbronne soos riviere en damme en selfs na ondergrondse waterbronne soos in dolomietryke gebiede.
By verskeie plekke in die Vrystaat, soos Welkom en Kroonstad, is al kriminele klagtes teen die munisipaliteite gelê oor die wyse waarop inwoners aan rou riool blootgestel word. Klagtes is selfs by herhaling gelê en in enkele gevalle het die Groen Skerpioene ingetree.
Die patetiese verslae wat munisipaliteite gekry het, boesem min vertroue in dat die situasie spoedig onder beheer gebring sal word.
Kategorie: munisipaliteite omgewing
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."