wordpress visitor
Amerika kort aan leierskap - Ditsem Nuus - Dit wat saak maak

Amerika kort aan leierskap

Kommentaar (1)

07/03/12

· Politieke redaksie

Word gekyk nie die kandidate in die Amerikaanse presidentsverkiesing later vanjaar, dan val die gebrek aan sterk, behoudende en visionêre leierskap op.
Die oes wat die twee hoofpartye, die Demokrate en die Republikeine op die podium het, is bra gemiddeld en boesem glad nie vertroue in nie. Die Demokratiese president die afgelope vier jaar, Barack Obama, het swak gevaar en is die VSA in 2012 binnelands sowel as buitelands in 'n swakker posisie as wat dit was in 2008.
Die VSA het Irak in 'n politieke moeras agtergelaat en is besig om druipstert uit Afganistan pad te gee. Die beleid teenoor Iran, wat 'n bedreiging vir wêreldvrede inhou, is weifelend. Die situasie in die Midde-Ooste het teen die Weste gedraai.
Binneland het die Amerikaanse ekonomie verder teruggegly en huiwer hierdie eens magtige moondheid op die rand van bankrotskap.
Obama gaan waarskynlik weer die Demokratiese kandidaat wees.
Aan die kant van die Republikeine ruik geeneen van die voorlopers na staatsmanskap nie.
Mitt Romney dra die mees gebalanseerde beeld uit, maar is Mormoons, Rick Santorum is 'n Rooms-Katoliek van Italiaanse herkoms, Newt Gingrich is 'n gewese Suidelike Baptis maar nou ook 'n Rooms-Katoliek met 'n privaatlewe vol kladmerke en Ron Paul, wat nie meer 'n sterk aanspraakmaker in die nominasiestryd is nie, is die enigste wat Obama in 'n landswye  gewildheidspeiling kon klop.
Dit is Paul, wat as die intellektuele vader van die “Tea Party” beskou word, se derde presidentsverkiesing. Met sy eerste poging was hy kandidaat vir die Libertarian Party, maar daarna is hy Republikeins, hoewel hy sterk onafhanklikheid handhaaf. Hy is 'n ginekoloog, met sterk omstrede sienings oor die ekonomie, en was al die outeur van verskeie dokumente met 'n rassistiese inslag en verbintenis met samesweringsteorieë.  
Romney se bedenklike Mormoonse geloof kan teen hom tel, veral met die kontroversie daaroor wat pas in die VSA losgebars het. Santorum verteenwoordig skynbaar die beste die fundamentalistiese stem, hoewel hy as Rooms-Katoliek ver van hul ander standpunte staan. Gingrich se donker kolle in sy persoonlike lewe kan hom op die lang duur uitskakel, terwyl Paul sal moet bewys dat hy met 'n eindpoging vorendag kan kom.
Die eienaardige van die huidige Amerikaanse politieke toneel is dat die sg. Tea Party met 'n sterk behoudende agenda, tesame met die konserwatiewe Christian Coalition of America en die fundamentalistiese Suidelike Baptiste, nie juis 'n faktor in die presidentsverkiesing is nie. Nie een van die kandidate kan werklik as verteenwoordigend van die “Christian lobby” in die VSA beskou word nie.
Desnieteenstaande is hierdie “lobby” baie sterk in die VSA, soos veral blyk uit die talle suksesvolle Christelike megakerke en -gemeentes en die kragtige, wêreldwye Evangeliese TBN televisienetwerk. Fisies in die wedloop om die Withuis skitter hulle egter in hul afwesigheid.
Die gebrek aan sterk leierskap in die VSA maak Christelik-demokratiesgesindes in die res van die wêreld benoud, want as die leier van die Vrye Wêreld oor baie dekades op sy knieë is, voorspel dit niks goeds vir die besliste standpunt wat vandag nodig is teen bedreigende Moslem-ekstremisme, Chinese imperialisme, Russiese opportunisme, Iranese wraakgierigheid en knellende internasionale geldmag nie.

Kategorie: Internasionale politiek

butch - 11/03/12 om 09:34:44

Doodeenvoudig - die amerikaners het ook soos die regering consumers geword in plaas van producers. As jy meer uithaal as wat jy insit, gebeur dit. Kyk die sterk lande Duitsland, china .Japan Brasilie en nog ander waar mense 11 ure per dag werk . hulle het geen probleem

Lewer kommentaar op butch
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

22/07/14 om 02:26:28

Vlaag van plaasaanvalle

willem van staden sę:

"Op RSG van oggend doen hulle 'n inbel oor plaasmoorde. Die minister is ..."


22/07/14 om 02:17:54

Afrikaans op SAUK TV op sylyn

willem van staden sę:

"Mooi so Salome, ek het die afgelope 3jaar nie eens n tv nie, ek sien toeval..."


22/07/14 om 09:04:06

Omvang van blanke armoede

willem van staden sę:

"Ek loop reeds meer as 6jaar met die volgende idee, as ek dit voorlę aan men..."


21/07/14 om 04:28:33

LUR se uitsprake skrille kontras

Gerrie Malan sę:

"As 'n ANC politikus vir jou sę "goeie môre" is dit wys om te kyk waar d..."