wordpress visitor
Handleiding oor mensehandel - Ditsem Nuus - Dit wat saak maak

Handleiding oor mensehandel

Kommentaar (0)

31/03/12

· Redaksie

As bydrae tot bestryding van die verskynsel van mensehandel, wat wêreldwyd en ook in SA, ’n groeiende multimiljard rand bedryf is, is tydens ’n geleentheid gehou by die Universiteit van die Vrystaat ’n handleiding oor mensehandel bekendgestel. Die handleiding, wat saamgestel is deur die SA been van die Internasionale Vereniging van Vroueregters (IVVR), sal regslui help om voorvalle van mensehandel beter te hanteer. Die handleiding bevat o.m. die definisie van mensehandel en ’n wetgewingraamwerk. Dr. Beatri Kruger van die Eenheid vir Kinderregte in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die UV sê die probleem moet multi-dissiplinêr aandag kry, want die trauma wat slagoffers moet verduur, sluit in verslawing, verwerping en dreigemente teen getuies. Kruger sê in hierdie stadium is daar oorgangsmaatreëls om mensehandel vir die seksuele uitbuiting van volwasse slagoffers te hanteer, maar nie vir ander vorme van mensehandel soos vir dwangarbeid en die verwydering van liggaamsdele nie. Die Parlement is besig om wetgewing in hierdie verband te formuleer.

Kategorie:

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

23/07/14 om 02:38:35

Vlaag van plaasaanvalle

Boeretrooskoerant s:

"Kontak gerus Boeretrooskoerant vir sekuriteits raadgewing. Ons verskaf brui..."


25/07/14 om 10:24:47

Afrikaans op SAUK TV op sylyn

Rolien s:

"Dit is nie slegs ten opsigte van die SAUK waar stoelpatatas die spit afbyt ..."


23/07/14 om 12:09:17

Omvang van blanke armoede

willem van staden s:

"Elsie, op 'n klein dorpie soos Ashton in die w-Kaap is hier 2handelaars..."


21/07/14 om 04:28:33

LUR se uitsprake skrille kontras

Gerrie Malan s:

"As 'n ANC politikus vir jou s "goeie mre" is dit wys om te kyk waar d..."