UV-leierskapsberaad
Kommentaar (0)
08/06/12
· Redaksie
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aangekondig dat dit vanaf 8 - 20 Julie 2012 'n beraad met die tema Leierskap vir Verandering aanbied.
Die beraad sal na verwagting bygewoon word deur vooraanstaande akademici en politici, wat 220 personeellede en studente van vennootuniversiteite in Amerika, Asië en Europa insluit.
Van die Suid-Afrikaners wat volgens die UV hul bywoning bevestig het, is oud-pres. Thabo Mbeki, emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu, oudregter Albie Sachs en dr. Tim Murithi, lid van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening.
Die beraad sal fokus op internasionale verhoudings en voortreflike wêreldleierskap en op diversiteit en rasversoening in hoër onderwys. Op die program van die beraad is ook besoeke aan verskeie skole in Mangaung, die UV se Qwa Qwa-kampus en die huis van Winnie Madikizela-Mandela op Brandfort.
Vogens prof. Aldo Stroebel, direkteur van internasionale akademiese programme by die UV, is internasionalisering een van die UV se strategiese voorkeure.
Opmerklik egter omtrent die program van die beraad is dat geen erkende behoudende Afrikaner as spreker genooi is nie en dat dit ook nie besoeke na plekke soos die Vrouemonument, Oorlogsmuseum, Vegkop, ens. insluit nie.
Kategorie: Opvoeding
Lewer kommentaar op hierdie berig













23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
23/05/13 om 06:50:30
Verpolitisering van onderwys
Cobus sę:
"Ek is n matriek leerling en het hierdie vraestel geskryf. Die vrae wat oor ..."
23/05/13 om 01:52:43
Regstellende wette ondermyn werkskepping
C. Visser sę:
"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."