Voorstelle en kommentaar oor grondhervorming
Kommentaar (4)
21/06/12
· Redaksie
Gesien binne die tradisionele opset van regmatige en vryemarkgerigte grondbesit en –verhandeling in Suid-Afrika, is die Groenskrif oor Grondhervorming eenvoudig ‘n rewolusionêre Kommunistiese dokument gemik op grondgryp by bestaande grondeienaars, veral blanke kommersiële boere. Laasgenoemde word in die Groenskrif beskryf as “kolonialiste” wat eintlik die grond gesteel het en ten opsigte waarvan maatreëls getref behoort te word om dit sonder vergoeding te “onteien”, ongeag die gevolge. In die Groenskrif, wat op hierdie stadium steeds ‘n konsepdokument is, word só bepaal dat boere vir werkers van die wieg tot die graf, sonder teenprestasie, moet sorg dat dit prakties feitlik onmoontlik is vir ‘n boer om sy boerdery langer winsgewend te bedryf. Die Groenskrif kan gelees word by http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=151707. Die raakvat kommentaar van TLU SA op hierdie dokument onder die opskrif The National Destroyer’s Revolution (NDR), kan by http://www.tlu.co.za/index.php/en/home-eng/41-english/news/268-tau-sa-s-international-bulletin,-june-2012.html gelees word. In reaksie op die Groenskrif, het die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte, bestaande hoofsaaklik uit ‘n aantal Afrikaner burgerlike organisasies, as alternatief die Bloudruk vir Grond en Landelike Ontwikkeling gepubliseer – lees dit by http://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/2012/06/Bloudruk-vir-Grond-en-Landelike-Ontwikkeling-Mei-20122.pdf.
Kategorie: Grondhervorming
Rudolph - 21/06/12 om 06:08:18
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Gn-kans-op-vreedsame-grond-oordrag-20120621
Ek begeer die begin dat ons kan oor begin, elke man verdien sy stuk grond, die wat dit nie bewerk nie, sal gestraf word!
Elna Lush - 22/06/12 om 10:38:30
Multi-kulturele bevolkings het nog nooit in die wêreld gewerk nie, sal ook nie in SA werk nie. Ons enigste oplossing is Federale state. Elke volk met sy eie grondgebied. Ons is reeds halfpad daar. Swazis in Swaziland, Sothos in Lesotho, Xhosas in Transkei/Ooskaap, Kleurlinge in die Weskaap. Ons wil net ons eie ook hê, en dadelik! Self regeer, self wette maak, self belasting betaal en ons kinders in hulle moedertaal kan onderrig.
Lewer kommentaar op Elna Lushalbert - 22/06/12 om 02:14:46
Elna Soos dinge in die nuwe suid afrika afspeel en dit net erger word gaan die mense hopelik al hoe meer tot die besef kom dat slefbeskikking die enigste oplossing is. Ongelukkig is daarmense wie se oe nooit sal oop gaan nie, maar dit is ook die mense wat ons nie saam met ons sal wil het nie, ondat hulle eenvoudig nie kan redeneer en nugter dink nie.
Lewer kommentaar op albertHendrik Mills - 28/06/12 om 09:20:41
Credo Mutwa is die Sanusi van die Zoeloes hy het die Selfde Statuur as die Pous van die Katolieke Kerk in die Afrika geloof hy is n hoogs intelegente man wat n boek geskryf Indaba My Childeren en in die boek Skryf hy dat Suid van die Limpopo Rivier was Nomansland en dat die Swartes Se geskiedenis geen kenis daarvan draa nie. Dit maak dat almal in SA setlaars is blank en swart en as hulle nie daarvan hou nie kan hulle terug gaan na waar hulle voorouers vandaan kom nl Sentraal Afrika in Afrika Praat hulle van SA as little Europe hire is kos en werk en wette wat krimeneele beskerm.
Lewer kommentaar op Hendrik MillsLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet “gekheid”
jaap sê:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sê:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sê:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sê:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."