Kultuur van Suid-Afrikaners oor spaar bevraagteken
Kommentaar (0)
09/07/12
· Redaksie
Volgens ‘n mediaverklaring van Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) maak die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners onvoldoende voorsiening vir hulle oudag omdat hulle te laat begin spaar en nie behoorlik munt slaan uit die effek van saamgestelde groei nie. Luidens ’n opname onder kliënte, kan sewe uit tien mense wat wél voorsiening vir aftrede gemaak het, skaars 50% van hulle laaste salaris met hulle pensioeninkomste vervang. As hulle nietemin sou volhou om maandeliks ’n volle salarisekwivalent uit hul spaargeld te onttrek, sal ses uit tien pensioenarisse se spaargeld binne agt jaar opgebruik wees. Suid-Afrika se kitskultuur, veral onder jong Suid-Afrikaners, veroorsaak dat mense in hulle twintigs eerder skuld maak as om te spaar. Hulle moet dan noodgedwonge tot in hulle dertigs probeer om die opgelope skuld te delg voordat hulle vir aftrede begin spaar. Deur tydige sinvolle besparing kan ‘n negatiewe kumulatiewe rente-effek vermy word.”
Kategorie: Finansies
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."