wordpress visitor
Ma skryf nié matriek dis jy! - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Ma skryf nié matriek dis jy!

Kommentaar (0)

10/07/12

· Herman Toerien

Dis amper tyd vir matriek. Daarna wag die grootmenslewe. En die wyse waarop jy matriek self aanpak gaan in 'n groot mate bepaal of jy 'n sukses van jou grootmenslewe gaan maak.
Regstellende aksie is 'n feit, en daarom is daar vir die Afrikanerkind beperkings as dit kom by keuring, beurse, studielenings en uiteindelik werksgeleenthede.
Tog, uit 'n opname van Afriforum blyk dit dat die meeste jongmense, amper 60 % positief oor die land is. Altesaam 77 % oorweeg nie om die land permanent te verlaat nie, en amper 88 % wou verder gaan leer. Die hoë syfer vir diegene wat verder wil gaan leer, word grootliks daaraan toegeskryf dat die opname onder skoolleiers gedoen is, en nie verteenwoordigend is nie. Tog dui dit op 'n besef dat die dae toe ma jou deur matriek gedryf, en ta self net in 'n werkgeleentheid kon instap, nie meer bestaan nie.
Die raad is dus: As dit enigsins moontlik is om verder te gaan studeer – maak so. Die vraag is wat om te studeer.
Word geadverteerde poste oor 'n tydperk dopgehou, is dit duidelik dat wat vandag heelwat advertensies oplewer, later deur ander tipe poste vervang word. 'n Paar jaar gelede was vervoerekonome in groot aanvraag, en toe gekwalifiseerde persone in arbeidsreg. Sulke poste word amper nooit meer geadverteer nie. Kry dus goeie raad, verkieslik by meer as een persoon.
Benut ook die huidige matriekstandaard om die beste moontlike matriekpunte te kry – nie net omdat dit altyd in jou guns gaan tel nie, maar dit verhoog kanse om vir studie in gesogte rigtings soos medies gekeur te word.
As die luukse vir heelwat naskoolse studie bestaan, studeer eers vir 'n rigting wat werk verseker, en dan die luukse van 'n studie van belangstelling.
Baie van die poste wat wél geadverteer word, klink dalk vir die matrikulant na te vaal – maar dit kan die pot aan die kook hou.  
 
 

Kategorie: Opvoeding

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sê:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sê:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sê:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sê:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."