wordpress visitor
Afrikaans in skole - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Afrikaans in skole

Kommentaar (0)

10/07/12

· Redaksie

In 'n mediaverklaring sê AfriForum daar is die afgelope tyd toenemende pogings van die Dept. van Onderwys om Afrikaanse skole op alle wettige en onwettige maniere te dwing om leerders in Engels te akkommodeer. Nie alleen is die oorskakel van enkelmedium Afrikaanse skole na parallel- of dubbelmedium onderrig altyd die eerste stap na verengelsing nie, maar dit veroorsaak ook geweldige druk op skole se hulpbronne.
Wat Gauteng betref, sê AfriForum dit is dringend noodsaaklik dat ouers in hierdie provinsie wat inspraak wil hê oor die skool waar hulle kinders volgende jaar gaan skoolgaan en die taalbeleid van die skool, hulle kinders reeds voor 27 Julie 2012 by die skool van hulle keuse moet inskryf. Dit kan gebeur dat skole wat teen 27 Julie nog nie vol is nie, deur die Onderwysdepartement gedwing word om leerders te aanvaar wat nie voldoen aan die skool se taal- of toelatingsvereistes nie. Die Gautengse Dept. van Onderwys behou die reg voor om alle inskrywings wat na 27 Julie ontvang word, self te plaas in enige skool wat plek het.
Kinders word ook nie outomaties deur hulle laerskole by hoërskole ingeskryf nie.
Meer besonderhede by www.afriforum.co.za/red-afrikaanse-skole.

Kategorie: Opvoeding

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."