Reuse kleinsake-Indaba en ekspo in Bloemfontein
Kommentaar (0)
10/07/12
· Redaksie
‘n Reuse konferensie getiteld KMMO in Aksie en Hobby-X ekspo word vandeesmaand 26-28 Julie in Bloemfontein aangebied deur Eskom in vennootskap met die Mangaung Kamer vir Koophandel & Nywerheid (MCCI). Dit vind plaas in die Sand du Plessis Teaterkompleks.
Die een deel van die geleentheid bestaan uit 'n konferensie met voorleggings deur diensverskaffers aan die kleinsakesektors in die Vrystaat, soos die Seda, IDC, FDC, SEFA, SA Inkomstediens, rekenmeestersfirmas, besigheidskonsultante, ens.
Oorsese gassprekers en die bekende SA ekonoom Mike Schussler tree o.m. as gassprekers op, terwyl talle werkswinkels vir entrepreneurs ook op die program is. Die teikenmark is bestaande sowel as voornemende entrepreneurs, asook die algemene publiek.
Die Hobby-X-gedeelte van die geleentheid bestaan uit 'n reuse-uitstalling deur hierdie suksesvolle spesialisuitstallers van Gauteng. Dit is daarop gemik om besoekers eerstehands te wys op denkbare en ondenkbare moontlikhede om uit 'n groot verskeidenheid roumateriale produkte te vervaardig wat verkoop kan word. Ook vir beoefenaars van stokperdjies is die ekspo 'n moet.
Hoewel dit in SA mode geword het om in terme van opkomende sakesektor hoofsaaklik aan swart mense te dink, bied hierdie konferensie en ekspo ook aan blankes 'n gulde geleentheid wat benut behoort te word.
Die organiseerders van die geleentheid sê die oogmerk is dat dit nie net 'n eenmalige gebeurtenis moet wees nie, maar op 'n voortgaande proses moet uitloop ter daadwerklike stimulering van die Vrystaatse ekonomie.
Vir meer inligting, skakel Juanita Fourie by 051 447 3368 / admin@bcci.co.za, of besoek www.hobby-x.co.za.
Kategorie: Ontwikkeling
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."