wordpress visitor
Mineraalregte na Grondwethof - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Mineraalregte na Grondwethof

Kommentaar (0)

10/07/12

· Redaksie

Nadat die Appélhof sowat drie weke gelede beslis het die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumbronne (MPRDA) ontneem nié grondeienaars van hul mineraalregte nie, aangesien hulle self ook daarvoor aansoek mag doen, het Agri SA hom tot die Grondwethof gewend. AgriSA is oontuig dat eienaars van grond waarop ontginbare minerale is, wel deur die MPRDA van hul mineraalregte ontneem word.
Die Hooggeregshof het Agri SA oorspronglik gelyk gegee, maar die Dept. van Minerale het die saak op appél geneem omdat dit glo miljarde rand sou kos om vergoedingseise aan die grondeienaars uit te betaal. As Agri SA toestemming kry om te appélleer, gaan hulle weer Grondwethof toe.
Volgens Agri SA, het grondeienaars 'n bate (die mineraalregte) gehad waarop hulle oor jare tantiémes gekry het, maar dié gaan nou – ná die inwerkingtreding van die MPRDA in 2004 – na die regering. Dit lei daartoe dat boere niemand kan weier wat op hul grond wil kom myn nie.
Hoewel boere om ontginning van die mineraalregte op hul grond kan aansoek doen, moet hulle ingevolge die MPRDA binne twee jaar begin myn, of andersins verval die mineraalreg en kan 'n mynhuis of enigiemand anders daarvoor aansoek doen.

Kategorie:

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."