wordpress visitor
Voorgestelde plekname in Mangaung Metrogebied - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Voorgestelde plekname in Mangaung Metrogebied

Kommentaar (1)

10/07/12

· Redaksie

In 'n mediaverklaring sê die VF Plus: “Op 'n gesamentlike vergadering van verskillende wyke van die Mangaung Metro wat op 3 Julie 2012 in die stadsaal gehou is, het prof. Fief van der Merwe, stadsraadslid van die DA, gesê dat die verandering van strate se name geregverdig is aangesien regimes dit in die verlede ook gedoen het. Ander raadslede van die DA het sy siening gedeel. Die enigste waar hulle van die ANC verskil het, was oor die name wat gegee moet word.
Verskeie DA raadslede het die volgende name voorgestel wat in die plek van die ANC se name gegee moet word: Sol Plaatjies, Winkie Direko, Ivy Matsepe-Casaburri en Enock Sontonga. Hierdie name is vir die DA aanvaarbaar vir die vervanging van name soos Haldonweg, Eeufeesweg en Bankovs Boulevard.
“Johan Powell van die VF Plus sê dat hulle volhard met die standpunt dat bestaande strate se name nie verander  kan word alvorens alle strate in die metrogebied nie reeds name het nie. Talle nuwe uitbreidings word in die metrogebied beplan en dit bied 'n gulde geleentheid vir die ANC om hulle helde te vereer. Die beleid van die Metro bepaal dat gemeenskappe nie verdeel moet word wanneer name verander word nie, maar dat die proses hulle moet verenig.
“Die koste verbonde aan die verandering van bestaande straatname is 'n groot bekommernis. Die metro is nie eers in staat om die basiese dienste te lewer nie, maar hulle is bereid om miljoene rande te spandeer om name te verander.
“'n Beswaarskrif word tans opgestel oor die beoogde naamsveranderinge. Enige persoon kan ook skriftelik besware by die kantoor van die speaker indien.”
 

Kategorie: Naamsveranderinge

Duitser - 15/07/12 om 06:24:07

Kom ons kyk gou hoe dom en naief is sekere van die mense in hierdie land. Ek gee dit weer soos dit geskryf was deur:

Jan van der Merwe - 10/08/11 om 03:59:48

Die inhoud van hierdie berig is spekulatief, en kwaadwillig. Daar is nog geen besluit geneem watter strate se name verander gaan word nie. Hierdie berig getuig van swak en slordige joernalistiek. Sies vir julle !

Waar is die swak en slordige joernalistiek nou Jan van der Merwe?

Tyd dat jy wakker skrik en ek sal jou sommer help ook!!!

Lewer kommentaar op Duitser
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."