wordpress visitor
AfriForum tak in Bloem - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

AfriForum tak in Bloem

Kommentaar (0)

10/07/12

· Redaksie

AfriForum sê dat ten einde hul veldtog vir billike en regmatige burgerregte ook in die Vrystaat sterker te vestig, veral in die lig van swak dienslewering, burgerlike diskriminasie en onveilige woonbuurte, word beplan om 'n AfriForum-tak te Bloemfontein te stig.
Die stigtingsvergadering is belê vir 12 Julie 2012 in die Rachel Steynsaal, Oranje Meisieskool, Bloemfontein, om 18:00 vir 18:30.
Veldtogte en projekte van AfriForum is gebaseer op die burgerregtemanifes van die organisasie, met toespitsing op takvlak op aspekte soos gemeenskapsveiligheid, belastingsake, omgewingskwessies, kultuur- en erfenisaspekte en jeugbelange.
AfriForum staan buite die partypolitieke terrein en is nie aan enige politieke party verbind nie.
Slegs individue en geen organisasies kan by AfriForum aansluit. Ledegeld is 'n minimum van R30 per maand.
AfriForum beskik reeds oor takke op 'n aantal Vrystaatse dorpe, maar die stigting van 'n tak te Bloemfontein word as 'n sleutelstap beskou. Die AfriForum-organiseerder vir die Vrystaat, Wesley Martin, sê dat Bloemfontein potensiaal het om een van die sterkste AfriForum-takke in die land te word. Indien dit sou realiseer, is daar 'n kans dat die eerste volwaardige takkantoor van AfriForum in die land in Bloemfontein geopen word.
Alle belangstellendes, veral diegene wat bereid is om aktief saam te werk, word uitgenooi na die stigtingsvergadering.
Vir meer inligting, kontak Martin by 079 490 2611, of by wesley@afriforum.co.za, of by 086 235 7825.

Kategorie: AfriForum

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sę:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sę:

"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."