Groot ontwikkelings vir Bloemfontein in pyplyn
Kommentaar (0)
10/07/12
· Redaksie
Na berig word uit verskeie oorde, is o.m. die volgende groot ontwikkelings-projekte vir Bloemfontein op die tafel:
’n Nuwe kompleks vir die Vrystaatse Wetgewer word beplan op die ou Ramkraaltronkterrein in Mangaung, ten bedrae van sowat R560 miljoen.
Die nuwe Makro-winkel in Quaggafontein naby die kruising van die N1 en N8 wes van die stad ten bedrag van sowat R200 miljoen is feitlik voltooi.
Die Fleurdal winkelkompleks word opgegradeer teen sowat R70 miljoen, met 'n hele aantal nuwe winkels wat daarin open.
Die bou van 'n sakekompleks gekoppel aan residensiële ontwikkelings rondom die Bloemfontein Internasionale Lughawe is reeds aan die gang.
Daar is ook reeds begin met 'n reuse vertoonlokaalkompleks van 9 000 m² langs die Bainsvleipad, oorkant Langenhovenpark en Fruit & Veg.
Planne is gevorderd vir 'n nuwe winkelkompleks met Checkers as ankerhuurder by die ingang na Woodland Hills, 'n woongebied wat steeds met 'n spoed uitbrei.
Opgradering van die Seisa Ramabodu Stadion in Mangaung teen ongeveer R280 miljoen is op die huidige begroting van die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM).
So ook opgradering van die Vrystaat Atletiekstadion teen R10 miljoen tot internasionale standaard.
Die munisipaliteit beplan voorts ook verskeie groot projekte, soos die volgende, maar of dit tot uitvoering gaan kom of by 'n wenslys gaan bly, moet nog gesien word:
Die ontwikkeling van die N8 aktiwiteitskorridor oos van Bloemfontein en wat insluit nuwe woonbuurte sewe keer die grootte van Langenhovenpark.
Die herontwikkeling van Naval Hill met o.a. 'n kabelkartoerismefasiliteit.
Sewe geïdentifiseerde ekonomiese klas residensiële ontwikkelings suid en oos van Bloemfontein in die omgewing van Pellissier om o.a. sg. “apartheidspatrone” te breek.
Die munisipaliteit werk teen 'n maandelikse bedryfsverlies, het oningevorderde skuld van sowat R1,3 miljard en sukkel erg met dienslewering.
Ander ontwikkelings waarvan daar al lank sprake is, maar wat nog nie op die horison verskyn het nie, is die ontwikkeling van Tweedelaan in Westdene deur die Georgiou Trust in aansluiting by die Waterfrontkompleks, asook die ontwikkeling van 'n agri-landgoed op die geskiedkundige plaas Brandkop van die Fichardt-familie wes van die stad.
Kategorie: Ontwikkeling
Lewer kommentaar op hierdie berig













23/05/13 om 11:10:10
Verpolitisering van onderwys
Sarel sę:
"Apartheid kry skuld vir baie, wonder net hoekom is die HELE afrika donker e..."
23/05/13 om 10:09:20
Regstellende wette ondermyn werkskepping
willem van staden sę:
"Ons by die vvk [www.vvk.co.za]smeel alle Afrikaners om op ons kieserslys te..."
23/05/13 om 07:51:47
Cosatu vra sanksies teen blanke boere
cbc sę:
"Ja, byt maar die hand wat jou kos gee en kyk waar jy volgende jaar gaan kos..."
18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."