wordpress visitor
Onteiende Zim-boere in Zambië gee Zimbabwe kos - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Onteiende Zim-boere in Zambië gee Zimbabwe kos

Kommentaar (0)

10/07/12

· Redaksie

‘n Ondersoek deur Ditsem Vrystaat het aan die lig gebring dat die oorgrote hoeveelheid mielies wat tans deur Zimbabwe ingevoer word, kom van blanke boere wie se grond in Zimbabwe onteien is en wat in Zambië hervestig het. Die Zimbabwe-bewind het pas 300 000 ton mielies van Zambië ingevoer vir hongerlydendes in die land wat hongersnood in die gesig staar.
Die sakke mielies wat vanaf Zambië ingevoer word, dra duidelik die etikette van die blanke produsente tans woonagtig in Zambië.
Zimbabwe sit tans met 'n tekort van 1 miljoen ton mielies, o.a. as gevolg van droogte in die somermaande en wat gelei het daartoe dat 45% van die mielie-oes afgeskryf is. Na berekening benodig Zimbabwe jaarliks minstens 2,2 miljoen ton mielies om sy bevolking te voed, maar het die land tans slegs 400 000 ton in voorraad.
Internasionale skenkingsorganisasies herwaardeer tans hul opsies hoe om Zimbabwe met noodlenigingshulp ten bedrae van sowat R1,6 miljard tegemoet te kom. Verlede jaar het die VN-groep van organisasies bykans R2,1 miljard bymekaargesit om ongeveer 1,45 miljoen mense in Zimbabwe van kos te voorsien.
Ontsteltenis het geheers toe ontdek is dat die leeue-aandeel van die 300 000 ton mielies wat uit Zambië as voedselhulp ingevoer is, deur blanke boere geproduseer is wie se grond in Zimbabwe gegryp is.
Die ironie is egter dat Zimbabwe al sedert die 2009/10 seisoen mielies en ook ander kos vanaf Zambië invoer. Hierdie onderhandelinge is deur die Zambiese Hoë Kommissaris in Harare bevestig, wat voorts gesê het daar word ook onderhandel om koring, beesvleis en suiwelprodukte uit Zambië in te voer. Voormalige Zim-boere in Zambië produseer na berig word sowat 90% van Zambië se mielie-oes.
Omdat heelwat kosinvoere na Zimbabwe privaat geskied, is dit moeilik om algemene syfers oor voedselinvoere na die gewese kosmandjie van Afriaka te bepaal.

Kategorie: Landbou

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."