wordpress visitor
Leierskapstryd in ANC begin vorm aanneem - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Leierskapstryd in ANC begin vorm aanneem

Kommentaar (0)

10/07/12

· Redaksie

Dit lyk of die leierskap van pres. Jacob Zuma van die ANC op die verkiesingskongres einde van die jaar te Bloemfontein, uitgedaag gaan word. Nadat aanvanklik name van verskillende kandidate genoem is, dui tekens daarop dat dit op 'n stryd tussen die president en sy adjunk, adj.-pres. Kgalema Motlanthe, afstuur.
Pres. Zuma staan skynbaar die sg. “tweede oorgang” voor met radikale inhoud soos nasionalisering van die myne, grondgryp sonder vergoeding, ens., terwyl Motlanthe meer gematig is en meen dat die “tweede oorgang” nie nodig is nie en dat basies met behoud van die Grondwet en status quo, ander maatreëls gehef kan word om armoede, vaardigheidsgebreke en werkloosheid aan te spreek.
Op die pasafgelope beleidskonferensie van die ANC in Midrand, is, ondanks 'n groot bohaai ten gunste van nasionalisering en grondgryp, hierdie konsepte afgestem en is deur partywoordvoerders verklaar dat die Grondwet veilig staan. Die retoriek van “tweede oorgang” is ook getemper na meer akkommoderende bewoording.
Dit word deur kommentators gesien as 'n neerlaag vir Zuma en sterker steun vir Motlanthe.
Ander moontlike kandidate vir die ANC-presidentskap, soos Tokyo Sexwale, 'n bondgenoot van die radikale ANC Jeugliga, is ook op die partykongres kortgeknip.
Die sleutel tot die verkiesing van die ANC uitvoerende komitee einde van vanjaar, lê in die stemkragte soos deur die verskillende provinsies vir die nasionale kongres opgestuur word. Dit kom eenvoudig neer op koppetel.
In die Vrystaat bevind premier Ace Magashule homself midde in talle beweringe van korrupsie, aanhoudende opstande in swart woongebiede teen patetiese munisipale dienslewering en beweringe van intimidasie tydens partystruktuurverkiesings. Magashule is egter 'n sterk ondersteuner van Zuma en het laasgenoemde  self na die provinsiale kongres in Parys gegaan om Magashule vir 'n verdere termyn te salf. Dít ongeag die uitdaging van Magashule vir die provinsiale leierskap deur die gemagtigde, voormalige LUR vir Ekonomiese Sake Mxolisi Dukwana.  
In die Noord-Kaap was ANC-leier John Block in die hof vir beweerde talle gevalle van korrupsie ten bedrae van minstens R112 miljoen en is hy selfs van sy LUR-skap onthef, maar ook hy is 'n Zuma-ondersteuner en is hy op die provinsiale kongres te Upington herkies as leier.
Insiggewend is dat Zuma van die militante voormalige ANC Jeugleier, Julius Malema, uit die ANC ontslae geraak het, ondanks dat Malema polities as meer links as Zuma self beskou word. Die eintlike rede vir Malema se skorsing lyk al meer na sy teenkanting teen Zuma.
Die opvolger van Malema, Ronald Lamola, is nog meer militant, maar hy word gelate verdra deur Zuma & kie.
Lamola en Motlanthe sit egter oënskynlik nie langs dieselfde vuur nie.
Dus begin die ANC-leierstryd al meer die vorm aanneem van 'n stryd tussen die spreekwoordelike lig en duisternis.
Waar ander leiersfigure in die ANC werklik staan, soos Patrice Motsepe, Trevor Manuel, Jeff Radebe, ens. is 'n ope vraag. Die oomblik van beslissing kon egter onafwendbaar nader.
Diegene buite die dampkring van die ANC en wat bona fide is oor die toekoms van SA, hou verwikkelinge ongetwyfeld fyn dop, ook met die oog op moontlike alliansievorming.
Vir gelowige Christene lê die sleutel in gebed, met die wete dat die toekoms van die land in die hand van God Drieënig is en nie in die hand van enige iemand anders nie. Daarmee saam bestaan die wete dat geloof op sigself nie die handelingsverantwoordelikheid van die mens ophef nie.

Kategorie: Politiek

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."