Replika van ark
Kommentaar (1)
12/07/12
· Redaksie
Na berig word lê in die hawe van Dordrecht ‘n houtboot van 135 meter lank en 23 meter hoog – ‘n replika van Noag se ark. Die man wat die ark gebou het, is die Nederlander Jan Huibers. Trouens, dit is die tweede ark wat hy aanmekaar geslaan het, maar die vorige was ‘n skaalmodel van 70 meter lank. Die boot kan 3 000 mense inneem, maar die owerhede van Dordrecht sê Huibers het nie veel ervaring van arke nie en daarom mag hy nou net 500 mense op ‘n slag aan boord neem. Hy hoop om jaarliks 300 000 besoekers per jaar aan boord te neem om dan tussen regte en plastiese diere rond te stap om ‘n idee te kry hoe Noag en sy medevaarders dit moes beleef het. Hout van altesaam 12 000 bome is gebruik om die ark te bou. Hoewel die buitekant eg lyk, is die binnekant met staalrame versterk en is verskeie vertrekke met tegnologie van die 21ste eeu uitgerus, o.a. die restaurant, ‘n ouditorium en twee amfiteaters vir opvoerings. Die plan is dat die ark twee jaar in Dordrecht sal vertoef en daarna voort sal vaar en ander hawens aandoen. 'n Foto van die ark kan gesien word by die berig op Ditsem se webwerf by http://www.ditsem.net/berig.php?id=614.
Andre Bester - 15/05/13 om 05:23:50
Ek het die voorreg gehad om verlede jaar in Oktober aan boord van die Ark te gaan, wat 'n belewenis
Lewer kommentaar op Andre BesterLewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."