Wilders se party verloor klaarblyklik steun
Kommentaar (0)
12/07/12
· Redaksie
In Nederland is tekens van onrus in die party van Geert Wilders, die Partij voor Vrijheid (PVV), waaruit verskeie sittende parlementslede onlangs bedank het, besig om oor te spoel in die jongste meningspeiling. Die PVV is ‘n regse party in Europese standaarde wat Nederlanders eerste stel. Dit is baie krities teenoor die Islam en die instroming van veral Moslems. Die party tree ook periodiek vir die Afrikanersaak in die bresse. Volgens die peiling sal die party tans 3 van sy 24 setels uit die parlementêre totaal van 150 inboet. Die Nederlanders gaan op 12 September 2012 weer stembus toe nadat Wilders sy party se steun aan die koalisieregering onttrek het. Die parlementslede wat nou bedank het, meen dat Wilders ‘n wandelende verleentheid vir die party word en eiehandig besig om die party se sake in ‘n nagmerrie te omskep. Volgens die peiling sal sowat tweederde van die kiesers wat in 2010 hul kruisies agter die PVV getrek het, weer so maak. Die regsliberale party, die VVD, palm blykbaar Wilders se verlore steun in.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."