Uitdaging van voedselsekerheid beklemtoon
Kommentaar (0)
12/07/12
· Redaksie
Gister het die uitvoerende hoof van die Landbank Phakamani Hadebe gesê: “Ek wil beklemtoon dat die volgende 100 jaar meer uitdagend vir voedselsekerheid gaan wees as die afgelope 100 jaar. Soos wat die wêreld aanbeweeg na die 22ste eeu, sal voedselsekerheid nuwe denke en ’n nuwe benadering vereis. Met die wêreldbevolking wat na verwagting 9 miljard teen 2050 sal bereik, is dit nodig om die manier waarop besigheid gedoen word, te hersien. Nuwe tegnologie en nuwe innoverings is nodig ten einde te verseker Suid-Afrika kry die beste opbrengs op elke rand gespandeer. Ander uitdagings sluit in omgewingsveranderings, watertekorte en menslike migrasie.” Hadebe het gepraat tydens die ondertekening van ’n ooreenkoms waardeur die Landbank die korporatiewe leningsboek, GroCapital, van AFGRI ter waarde van R1,1 miljard oorgekoop het.
Kategorie: Landbou
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."