Gesofistikeerde smokkel op Amerikaans-Meksikaanse grens
Kommentaar (0)
17/07/12
· Redaksie
Die twee mees gevorderde dwelmtonnels tot op datum onderdeur die Amerikaans-Meksikaanse grens is pas ontdek. Die tonnels van meer as 137 meter is onder meer met elektriese lig voorsien en die gevorderde konstruksies en afwerking het die polisie verstom. Die een tonnel was nog onvoltooid, maar die voltooide tonnel het na raming sowat R10 miljoen gekos. Dit is nie net enorme hoeveelhede heroïne en dagga wat deur die Meksikaanse dwelmkartelle oor, of onderdeur die grens gesmokkel word nie, maar Colombiaanse kartelle gebruik ook hul Meksikaanse “kollegas” om kokaïne na die VSA te smokkel. Die Meksikaanse kartelle smokkel ook toenemed mense oor die grens. Sedert 2008 is al 70 smokkeltonnels onderdeur die grens ontdek. Dit word beraam dat dwelmsmokkelwaarde in Meksiko jaarliks sowat $40 miljard (R333 miljard) werd is. Vir ‘n video van tonnels, http://www.guardian.co.uk/world/video/2012/jul/13/mexico-drug-smuggling-tunnels-video?newsfeed=true.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."