“Iran kan binne twee jaar kernwapens hê”
Kommentaar (0)
17/07/12
· Redaksie
Die hoof van die Britse Geheime Diens MI6, John Sawers, het in ‘n seldsame openbare verklaring gesê Iran kan binne twee jaar oor kernwapens beskik, ten spyte van sy agentskap se pogings om die proses te dwarsboom. Sawers was voorheen ‘n diplomaat wat intensief by die kernonderhandelinge met Iran betrokke was. Hy sê dit sal vir Israel en die VSA groot gevaar inhou as Iran kernwapens kry en dit is waarskynlik dat een van dié lande pro-aktief militêr sal ingryp. Intussen het die VSA en die Europese Unie verskerpte sanksies teen Iran ingestel, wat die spanning in die Straat van Hormoez laat toeneem het. Die VSA het bykomende skepe, waaronder mynveërs, na die gebied gestuur om die gevaar van Iran se vloot mini-duikbote teen te werk. Pas het die VSA tydens ‘n klandestiene operasie ‘n Iranse en ‘n Chinese burger aangekla dat hulle toerusting vir kernwapenvervaardiging uit die VSA na Iran wou smokkel.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."