Nuwe wetgewing oor SEB bedreig poste
Kommentaar (2)
17/07/12
· Redaksie
In ‘n mediaverklaring sê Solidariteit: “Die regering se voorgestelde drakoniese wysigingswet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), wat wanvoorstellings sal kriminaliseer, is strydig met sy voorneme om werk te skep aangesien dié wysigingswet eerder werkverlies tot gevolg sal hê. Hoewel Solidariteit die wanvoorstelling van swart ekonomiese bemagtiging afkeur, is daar ʼn groter probleem wat aangespreek moet word.” Ingevolge die voorgestelde wetgewing kan maatskappye wat wanvoorstellings oor SEB-status maak beboet word met tot 10% van hul omset, terwyl enige persoon, nie noodwendig slegs die eienaars of bestuur van maatskappye nie, wat enige maatskappy se SEB-status wanvoorstel, tronkstraf van tot 10 jaar opgelê kan word. Volgens Solidariteit sal die voorgestelde wysigings aan die BBSEB-wet entrepreneurs nog meer afskrik om besighede te bedryf of te begin en sodoende werkskepping nadelig tref. “SEB bevoordeel slegs ’n klein groep mense en verryk in werklikheid juis dié wat reeds vantevore voordeel uit SEB getrek het, terwyl die welvaart nie deursyfer na diegene wat werklik bemagtiging nodig het nie,” aldus Solidariteit.
Carries - 17/07/12 om 04:53:33
En natuurlik weet hulle mos as ons hierdie
wetgewing grondwet hof toe neem is ons rassisties en kan ons weer met daardie lat geslaan word vir hoe lank - terwyl hulle self weet sulke wetgewing sal nooit deur 'n grondwetlike hof goedgekeur word nie.
CORRIE CLOETE - 19/07/12 om 09:47:38
Ons is verniet bekommerd oor die toepassing van die wetgewing. Die nuwe kodes is eintlik heel goed en indien ons dit tot die letter kon toepas is dit nogal sinvol. Die probleem is dat die sektor kodes wat die verskeie sektore daarna instel die lewe onmoontlik gaan maak. Voorts het die DTI aan individue toelating verleen om die vereiste kursus by UNISA/WITS te gaan doen net om later agter te kom dat weens die geveg tussen die IRBA en SANAS kan die groot gros van kursusgangers nie as verifikasie agent aangestel word nie. Die IRBA het tans slegs 50 agente en ek glo SANAS het nie meer as 150 nie. Die Direkteur Generaal van die DTI het op die aand van die eerste toekenning van sertifikate gestel dat 5 000 agente benodig word. Die IRBA se gulsigheid gaan ons land weer duur te staan kom. En hulle predik dat hulle die heeltyd die publiek se welstand as primęre oogmerk het
Lewer kommentaar op CORRIE CLOETELewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."