Israel-kabinet skeur
Kommentaar (0)
25/07/12
· Redaksie
Die kortstondige deelname van die liberale Kadima as deel van die breë Israelse koalisie onder premier Benyamin Netanyahu is tot niet nadat dié party uit protes oor die herinstelling van verpligte diensplig vir Israelse Jode uit die kabinet gestap het. Netanyahu se kabinet, wat nog die steun van 66 van die 120 setels in die Knesset het, bly egter voorlopig staan. Waarnemers meen egter dat hy binnekort ‘n verkiesing kan uitroep. Die wortel van die probleem is dat ortodokse Jode nie militêre diensplig wil verrig nie, maar met ‘n 60-jaar-lange reëling wil voortgaan om eerder verpligte Skrifstudie te doen. Die hof het egter vroeër vanjaar hierdie spesiale reëling ongrondwetlik verklaar. Sedertdien hou die ortodokse Jode gereeld optogte en betogings, gesteun deur Kadima. Intussen word Netanyahu ook vanuit ‘n ander oord onder druk geplaas - een van sy koalisievennote, die sekulêre Yisrael Beitenu, wil diensplig na alle Israeli’s uitbrei, insluitende Arabiere wat in Israel woon. Nou betoog die Arabiere ook.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."