Stanton oor geweldsmisdaad
Kommentaar (2)
25/07/12
· Redaksie
Dr Gregory Stanton, professor vir Navorsing van Volksmoordstudies en –Voorkoming by die Skool vir Konflikanalise en Beslegting aan die hoogaangeskrewe George Mason Universiteit, Arlington, Virginia, VSA, besoek die SA as gas van TLU SA vanaf 23 - 26 Julie 2012. Stanton is ook president van Genocide Watch. In ‘n mediaverklaring sê TLU SA: Ons sal ons eie insigte ten opsigte van geweldsmisdade op plase en die onbenydenswaardige posisie waarin talle plaasbewoners hulself bevind, opweeg teen die kennis en studies wat Dr Stanton versamel het. Hy word as sulks internasionaal erken en sy kommer oor die situasie in SA verg bespreking en oorweging.” Benewens persoonlike gesprekke met leiersfigure, sal Stanton ook met boere gesprek voer, terwyl hy ook ‘n gas sal wees tydens ‘n daglange konferensie oor “Nasionale beleid op die kruispad.” Vir meer besonderhede, besoek www.tlu.co.za.
JvN - 26/07/12 om 05:15:13
Gaaf dat daar iemand in die buiteland is wat ook bekommerd is en nie aan die neus gelei kan word deur die media nie. Sal interresant wees om Dr Stanton se siening te verstaan en te sien watter praktiese raad addisioneel tot gebed hy kan aanbied vir ons groep in fase 5 van die 8 fases wat genoem word.
Lewer kommentaar op JvNJvN - 26/07/12 om 05:18:20
Gaaf dat daar iemand in die buiteland is wat ook bekommerd is en nie aan die neus gelei kan word deur die media nie. Sal interresant wees om Dr Stanton se siening te begryp en die praktiese raad (addisioneel tot gebed) wat hy aanbied vir ons groep in fase 5 (van die 8 fases wat genoem word) te oorweeg.
Lewer kommentaar op JvNLewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."