Ondersoek gevra na wapenskandaal en Absa / Barclays-oorname
Kommentaar (0)
25/07/12
· Redaksie
Die aktivis, bankier en skrywer Terry Crawford-Browne, het gevra dat pres. Jacob Zuma ‘n amptelike kommissie van ondersoek benoem om die skakel te ondersoek tussen die beweerde wapenskandaal en die transaksie in 2005 waardeur Barclays Bank 55,5% van Absa oorgeneem het. Volgens Crawford-Browne is druk na bewering uitgeoefen op die destydse Minister van Finansies Trevor Manuel, wat ook Tesourie-dokumente onderteken het vir die wapentransaksie in die negentigerjare, om die dokumente vir die regeringsgoedkeuring van die Absa-Barclays-transaksie te onderteken. Crawford-Browne sê dat die destydse goewerneur van die Reserwebank in 2007 opgemerk het dat hy geen voordeel sien in die bestuur deur Barclays van Absa nie. Hy beweer voorts dat hoewel die bates van Absa slegs 4% van dié van Barclays uitmaak, dra Absa 20% by tot die inkomste van Barclays. Crawford-Browne wys ook daarop dat Maria Ramos die DG van Tesourie was voordat sy in 2009 aangestel is as hoofuitvoerende beampte van Absa.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."