Orania Dorpsraad weer skoon oudit
Kommentaar (0)
25/07/12
· Redaksie
Die Orania Dorpsraad het pas sy 21ste agtereenvolgende skoon oudit gekry. Volgens Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad, is goeie finansiële bestuur een van die belangrike fondamente waarop munisipale bestuur in Orania toegepas word. “Orania se omstandighede is uniek. Ons werk met ‘n klein begroting en geen staatsubsidies. Wat ons wel het, is gemotiveerde personeel met goeie ervaring en opleiding wat binne ‘n omgewing van gesonde stelsels en oorsig funksioneer. Dit lei tot hoë produktiwiteite, effektiewe aanwending van bronne en ‘n korrupsievrye omgewing. Die Orania Dorpsraad het al herhaaldelik sy bereidwilligheid uitgespreek om met ander munisipaliteite saam te werk om goeie bestuur moontlik te maak. Ons is tans in gesprek met ander gemeenskappe om moontlike samewerking te formaliseer,” aldus De Klerk. Vir meer inligting, kontak 053 207 0062.
Kategorie: Orania
Lewer kommentaar op hierdie berig













23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
23/05/13 om 09:54:25
Verpolitisering van onderwys
Willie sę:
"Wat n klomp twak.Dit gaan by ons as ouers berus om ons kinders die waarheid..."
23/05/13 om 01:52:43
Regstellende wette ondermyn werkskepping
C. Visser sę:
"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."