Suid-Afrika en China knoop verder vas
Kommentaar (0)
25/07/12
· Redaksie
Bande tussen die SA-regering en Kommunistiese China is stywer vasgeknoop met die pasafgelope besoek van pres. Jacob Zuma aan Beijing en samesprekings met sy Chinese eweknie, pres. Hu Jintao en die ondertekening van ‘n verdere samewerkingsooreenkoms tussen die twee lande. By die geleentheid het Zuma gesê dat China die grootste handelsvennoot van Suid-Afrika geword het. Volgens Chinese syfers het die land se ekonomiese handel met Afrika tot R1 405,2 miljard in 2011 toegeneem, terwyl uitvoere vanaf Afrika na China gestyg het van R47,3 miljard tot R787,5 miljard. So bv. het die Industrial and Commercial Bank van China, die grootste gelduitlener in die wêreld, tans beleggings ter waarde van bykans R60 miljard in Afrika. In 1997 het totale handel tussen SA en China met 77% toegeneem tot R363 miljard. Inmiddels word Chinese staatsbeheerde maatskappye in Afrika egter deur die Weste en sommige Afrikastate voor stok gekry oor die gebruik van ingevoerde arbeid om projekte soos paaie en hospitale uit te voer, terwyl natuurlike hulpbronne uitgepomp word en min oorgelaat word vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling – die sg. “tjekboekbenadering.” Desnieteenstaande het Hu pas ‘n verdere R170 miljard aangebied aan Afrikastate vir lenings oor die volgende drie jaar.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."