Noord-Koreaanse diktator konsolideer mag
Kommentaar (0)
02/08/12
· Redaksie
Enkele dae nadat die Noord-Koraanse weermaghoof amptelik weens swak gesondheid “afgetree” het, word die motiewe daaragter duideliker toe die land se diktator, Kim Jong Un homself as die Maarskalk van die Strydmagte aangestel het. Waarnemers het na die wegdoen met Ri Yong Ho bespiegel dat ‘n interne magstryd in Noord-Korea woed. Kim se eie aanstelling versterk hierdie siening en dit sal spanning in die streek na verwagting laat toeneem namate dit duideliker word dat Kim die radikale beleid van sy pa en voorganger voortsit. Dit sluit in die ontwikkeling van geleide missiele, wat veral nabygeleë Japan ontstel, terwyl die land ook daarvan verdink word dat dit ‘n offensiewe kernvermoë ontwikkel. Noord-Korea is volgens Geopende Deure die land ter wêreld waar Christene die ergste vervolg word. Die grootste deel van die bevolking van die land leef in kroniese hongersnood en vir ingeligtes is dit duidelik dat die diktatoriale regering slegs aan bewind kan bly met ondersteuning van magtige buitelandse vriende.
Kategorie: Internasionale politiek
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."