Australiese Groot Rif bedreig
Kommentaar (0)
02/08/12
· Redaksie
Unesco het onlangs aangekondig dat oorweeg word om Australië se Great Barrier Reef van Wêrelderfenisgebied tot Bedreigde erfenisgebied te herklassifiseer. Die warmerwordende oseaan, maar veral die toenemende suurgehalte van die see, is hoogs skadelik vir die koraal. Oor dieselfde tyd as wat die water ‘n halfgraad warmer geword het, het die see se suurvlak met tussen 25 en 30% toegeneem. Boonop het die tipe seesterbevolking wat koraal vreet, skerp toegeneem. Die seewater word veral deur die steenkoolmyne en hul vervoer besoedel, met die gevolg dat die koraal sedert die sestigerjare met 50% verminder het. Tans word 156 miljoen ton steenkool uit Queensland verskeep, met beplanning om dit teen 2020 sesvoudig te laat toeneem. Dit sal ‘n bykomende 1,8 miljard ton CO² in die atmosfeer vrystel. Gaseksplorasie en –ontginning en beoogde aanlê van pypleidings hou ook wesenlike gevaar in vir die plaaslike seelewe.
Kategorie: Omgewing
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
19/05/13 om 06:27:41
Onrusbarende berigte
Carries sę:
"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."