wordpress visitor
SA Joule sink – elders floreer elektriese motors - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

SA Joule sink – elders floreer elektriese motors

Kommentaar (1)

02/08/12

· Redaksie

Die ontwikkeling van Suid-Afrika se Joule is weens geldgebrek op die ys geplaas, maar in Nederland het die aantal elektriese motors op die paaie in ses maande meer as verdubbel. Aan die einde van verlede jaar het 1 700 elektriese motors Nederland se paaie aangedurf, maar teen die einde van Junie vanjaar was dit reeds 4 000. Teen 2015 word verwag dat dit reeds sowat 20 000 wees. Daar is reeds 3 500 punte waar die motors herlaai kan word. Die versnelde verkope het veral gevolg op die aankoms van die Opel Ampera. Inmiddels is in  Duitsland  aangekondig dat dié land waarskynlik nie sy teiken van ‘n miljoen elektriese motors teen 2020 gaan haal nie en dat ‘n syfer van ‘n halfmiljoen sonder bykomende aansporings meer haalbaar lyk.

Kategorie: Omgewing

Ernst - 03/08/12 om 04:13:16

Ons moet onthou dat die geografie van Nederland maak hulle ideaal vir elektriese voertuie. Die wereld is plat en as jy oor 'n bultjie ry is dit tien-teen-een 'n antieke Hunnebed wat onder die grond is. Hulle het ook die meeste openbare vervoerruimte per oppervlak van alle lande. Kragverbruik in elektriese voertuie sal due meer eweredig beplan kan word. In Suid-Afrika is dit omtrent net die Vrystaat (sekere plekke) en die Karoo wat "plat aarde" is. SPitsverkeer en bulte soos in Johannesburg? Nie vir elektriese voertuie nie.

Lewer kommentaar op Ernst
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

24/05/13 om 08:35:45

Op die Markplein

Carries sę:

"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."


23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


24/05/13 om 08:39:08

Verpolitisering van onderwys

Carries sę:

"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."