wordpress visitor
Petisie om koshuistradisies by Tuks te beskerm - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Petisie om koshuistradisies by Tuks te beskerm

Kommentaar (0)

02/08/12

· Redaksie

AfriForum Jeug (AFJ) het aangekondig dat dit’n aanlynpetisie geloods het vir die beskerming van die Koshuis van die Jaar-titel by die Universiteit van Pretoria (UP), asook vir die beskerming en uitbou van gesonde koshuistradisies. Die petisie is geloods na aanleiding van ‘n besluit deur TuksRes om die Koshuis van die Jaar-titel, wat as puntestelsel dien vir koshuise wat aan verskeie kultuuraktiwiteite by Tuks deelneem, af te skaf. AFJ sê: “Die Koshuis van die Jaar-titel is die ruggraat van tradisie en kultuuraktiwiteite by Tuks aangesien dit ʼn gesonde mededingingsgesindheid onder koshuisstudente kweek en hulle aanspoor om aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem.” Oor die afgelope ses jaar is tientalle tradisies en kultuuraktiwiteite deur UP beperk of afgeskaf. Hierdie drastiese afname in studentetradisies asook die jaarlikse verskuiwing van koshuise se ontheffingsdatum word in AfriForum Jeug se petisie uitgewys. Die petisie is aanlyn by www.afriforumjeug.co.za beskikbaar.

Kategorie: Kultuur

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."