wordpress visitor
België federale state sterker - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

België federale state sterker

Kommentaar (0)

02/08/12

· Redaksie

Ná die staatshervorming wat groter magte aan België se federale struktuur gee, sal die deelstate voortaan ongeveer dubbel soveel van die begroting beheer as die federale staat – mits België se rente op staatskuld buite rekening gelaat word. Uit ‘n ondersoek na hoe die nuwe reëling die begroting raak, blyk dit dat die federale staat voortaan net ongeveer 21% van die begroting sal beheer, waarvan 6% vir rente op staatskuld afgestaan word. Hierteenoor sal die deelstate saam sowat 30% beheer. Dit wil voorts voorkom asof Vlaandere op ‘n “wins” bedryf sal kan word, veral teen 2020. Wallonië, die Franssprekende deelstaat, sal egter teen ‘n groot verlies funksioneer. België het ‘n komplekse federale struktuur, wat veral deur die ligging in Vlaandere van die hoofstad, Brussel, gekompliseer word. Die berekening van hoe die begroting verdeel word, is eweneens ingewikkeld, wat nie net Vlaandere en Wallonië betrek nie, maar ook die hoofstad, verskillende gemeenskappe, munisipaliteite en provinsies.

Kategorie:

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."