Bloemfontein kry “nuwe” hoofstraat
Kommentaar (5)
02/08/12
· Redaksie
Op ’n amtelik plegtigheid gehou te word op 4 Augustus 2012 en waartydens pres. Jacob Zuma voorgaan, gaan Maitlandstraat as hoofstraat van Bloemfontein, ná meer as ’n eeu, amptelik herdoop word na Charlotte Maxekestraat. Dit vorm deel van sekere name van strate en geboue in Bloemfontein wat oppad uit is nadat die Mangaung Metro Raad besluit het om dit met die name van voormalige kaders te vervang. Nog name wat verander, is: Eeufeesweg na Kenneth Kaundaweg, Botshabelo Stadion na Kaizer Sebothelo Stadion, die Botshabelo-hoofweg na die Jazzman Mokgothu-hoofweg, Andries Pretorius-straat na Raymond Mlabastraat, Bankovs Boullevard na Elias Motsoaledistraat, die Mangaung Metro Streekkantoor na die Leslie Monnanyanegebou en die Chris de Wetgebou na die Gabriel Dichabe-gebou. Die besluit in die stadsraad is met 83 stemme teen een aanvaar en slegs die VF Plus se Johan Powell het daarteen gestem.
Kategorie: Naamsveranderinge
Louis van Ryneveld - 03/08/12 om 05:05:22
NATUURLIK WORD EK ERGERLIK WANNEER DIE HUIDIGE ONBEVOEGDE BEWIND STRAATNAME EN PLEKNAME VERANDER. Aan die ander kant is dit so dat die land se dorpe en stede al hoe meer na lokasies, plakkerskampe en stortingsterreine lyk, dus is dit seker gepas dat nuwe name toegeken word wat dui op die bevolkingsgroep wat verantwoordelik is vir hierdie liederlike verval.
Die herbenaming van Maitlandstraat wys ook op die lae standaarde van die bewindhebbers. 'n Sogenaamde stadsraadslid van Bloemfontein het die nuwe naam geregverdig deur daarop te wys dat die betrokke persoon die eerste swart vrou was wat 'n BSc-graad verwerf het. Wat vir Afrikaners alledaags is, is vir hulle so indrukwekkend dat die gegradueerde 'n hoofstraat na haar genoem kry.
Maar ek wil hulle dringend versoek om nooit my naam aan 'n openbare plek te koppel omdat ek 'n BSc het nie: ek wil nie vereenselwig word met die bewind se vrotsigheid nie.
Johann Marx - 04/08/12 om 06:46:46
En eintlik is daar so 'n eenvoudige oplossing vir hierdie probleem. Elke straat in Suid Afrika behoort 'n "nommer" te kry en 'n GPS ruitverwysing. Dit word dan op kaarte, besigheidsdokumente soos fakture en afleweringsnotas aangedui. As daar dan 'n "groep" mens is, soos by die ANC tak van 'n sekere stad of dorp, wat voel hulle wil die hoofstraat van die stad vernoem, dan kan hulle toegelaat word om hulle "vernoeming" aan te bring, teen 'n fooi van R100 000,00 per jaar. Die oomblik wat die fooi nie betaal word aan die munisipaliteit nie, word hulle "benoeming" verwyder en kry 'n "ander groep" die kans om hulle naambord aan te bring teen dieselfde fooi. Intussen hoef geen kaarte of besigheidsdokumentasie of rekeningstelsel verander te word nie, want die straat se oorspronklike naam, 1043ste straat Wes, bly soos wat dit is. Hoekom het NIEMAND nog so 'n voorstel aan hulle munisipaliteite gemaak nie?
Lewer kommentaar op Johann MarxDavid Naude - 04/08/12 om 09:58:11
Goed gese, Louis. Ons het dieselfde probleem In Pretoria (Tshwane) as julle in Bloem (Mangaung). Ek bly deesdae in Johan Heyns-rylaan, sonder dat ek getrek het. Geen probleem nie, hy was 'n edele mens en dis 'n verbetering op HF Verwoerd-rylaan. Die parallele hoofweg noord, voormalig Voortrekkersweg, waaroor diegene wat oor die Magaliesberge getrek het en die land oopgegemaak het, heet nou Steve Bikoweg, vernoem na 'n Oos-Kaapse moeilikheidstoker met geen verbintenis met Pta nie. Ek's nie 'n groot Voortrekker-fan nie, maar los tog die geskiedenis uit. Elke denkbare tuinbooi en huishulp is noual vernoem in sentraal-Pta en elders. Dis OK in die sg CBD en Sunnyside, wat nou lokasies is en waar mense nie eintlik kom nie. Waarom, egter, bv Koningin Wilhelmina vernoem na een of ander Portugese vrou (die Kase het baie geld in die sg "struggle" ingepomp)of Charlesstr na 'n muslim-advokaat? Die storie is sieklik. Noem maar al die strate in enige middestad Ju-Ju 1, Ju-Ju 2 en so-aan, en die wat kruis Stortstr 1, Stortstr 2, ens Dan is almal gelukkig. Nog beter, hou op om mense en bobbejane te vernoem en gebruik, blom-, boom en ander name.
Lewer kommentaar op David NaudeLinda du Toit - 04/08/12 om 11:47:13
Ek sien en ek sluk my hartseer weg.
Ek onthou die 'window shopping' aande as ons Maitland straat tot by die statige ou stasie gestap het om daar in die stasie kafee koffie te drink uit silwer tee gerei! Terug gestap na Ouma se losies huis, 9 de Villiers straat, waar die glaspaleis vandag staan. Was dit veilig? Ja kind dit was! Die afdeling winkel vensters vol pragtige uitstallings wat die 'windowdresser' opgemaak het. Die strate skoon en netjies!
Nee wat ek is werklikwaar sooooo bly hulle verander die name na uiters gepaste name vir so 'n liederlike vuil en onversorgte stad!
Albert - 06/08/12 om 11:34:55
Hierdie is nie net name wat vernader nie maar ons erfenis en geskiedenis wat vernietig word. So word alle verwysings na hierdie name byvoorbeeld op planne, kaarte en selfs in artikels en in boeke veral geskiedenis boeke, beskrywings en onderskrifte van ou fotos van byvoorbeeld Kerkplein ens word nou vervreem. Die implikasies is baie meer omvangryk as net die naamborde by die stratehoeke wat verander word.
Hierdie naamsveranderinge as niks anders as uittarting van veral die Afrikaner nie. Dit is nie net ons helde se name wat weg is nie maar dit word varvang met terroriste name wat niks opgebou het nie behalwe 'n totale leun oor apartheid en die sogenaamde onderdrukking van die 'agtergeblewendes' nie. Hulle kan ook vir niks anders 'vereer' word nie omdat hulle hele bestaan tot vandag nog net een van 'struggle'is.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sê:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sê:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sê:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sê:
"wat ek verder wou bysê is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."