wordpress visitor
Skaliegasontginning kan Vrystaat ook tref - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Skaliegasontginning kan Vrystaat ook tref

Kommentaar (3)

02/08/12

· Redaksie

Na berig word is daar gesaghebbendes wat van mening is dat die regering die moratorium op aansoeke vir die ontginning van skaliegas gaan ophef. Dr. Gerrit van Tonder, hidroloog van die Universiteit van die Vrystaat, en Derek Light, regsverteenwoordiger van meer as 200 Suid-Afrikaanse grondeienaars, het pas ’n protesaksie teen dié ontginning op die Karoodorpie Nieu-Bethesda bygewoon. Hulle sê Suid-Afrikaners moet besef skaliegasontginning gaan nie net die Karoo tref nie, maar ook die Vrystaat en KwaZulu-Natal en dat ’n vyfde van die grondopperlvlak van die land daardeur geraak kan word. Desnieteenstaande word beplan om enige opheffing van die moratorium op skaliegasontginning op elke moontlike wyse teen te staan. Die verset teen skaliegasontginning hou veral verband met die hidrouliese rotsbrekingsproses (fracking) om die gas uit die skalierots op ’n diepte van tussen 3km en 5km ondergronds vrygestel te kry. Grondeienaars vrees die water- en chemikalie-intensiewe proses kan grondwaterbronne vernietig. Meer as 10 000 gas-ontginningsputte kan in die Karoo kom en 20 miljoen liter water, vermeng met 200 000 liter chemikalieë, kan moontlik by elkeen van hierdie putte ingepomp word. In so ’n proses sal waarskynlik dwarsdeur die varswaterklip geboor word. Dit kan beteken dat daar teen 2025 ‘n tekort aan vars water is SA sal wees.

Kategorie: Omgewing

Elna Lush - 03/08/12 om 03:14:18

Watertekort in 2025 is vergesog! Ons sit alreeds met hierdie probleem, vra maar die inwoners van Carolina! Hierdie regering is besig om ons land te vernietig, hulle is 3/4 daar, TENSY ons daadwerklik nou opstaan.

Lewer kommentaar op Elna Lush
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

A Schmidt - 03/08/12 om 05:34:48

Daar kan baie gedoen word om die regering aan te vat deur hofsake en petisies. Op die ou einde sal die regering, ongeag wat, voortgaan met die opheffing van die moratorium, want hul inkomste is daarvan afhanklik.

Die maatskappye wat aansoek gedoen het vir permitte moet geidentifiseer word en dan moet 'n elektroniese media boikot van stapel gestuur word teen die aankoop van hul produkte. Die moderne elektroniese media plaa baie meer mag in die gewone mense se hande as wat ons besef en van gebruik maak.

Die produkte van die maatskappye moet geboikot word. Daar moet aangeval word op hul swakpunte en dit is hul sakke, sonder dat dit ons noodwendig geld kos. Slegte publisiteit en om gebrandmerk te word is moeiliker om te keer en 'n verlies van inkomste agv boikotte kan hul beswaarlik beveg met hofsake.

Ons het baie mag, dit moet net gebruik word. Die boikot veldtog moet nou alreeds begin word en nie eers as die moratorium opgehef is nie.

Lewer kommentaar op A Schmidt
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Josef du Toit - 04/08/12 om 02:22:38

Dit is moontlik dat die ditsem vrystaat redaksie in hierdie geval aan die verkeerde kant van die debat ingetrek is. Vir 'n meer gebalanseerde mening oor hierdie onderwerp kyk asseblief na:
http://www.fracknation.com/

Lewer kommentaar op Josef du Toit
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


17/05/13 om 08:28:45

Onrusbarende berigte

FRans Malherbe (Skuilnaam sę:

"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."