wordpress visitor
Quo vadis Vrystaat rugby? - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Quo vadis Vrystaat rugby?

Kommentaar (0)

06/08/12

· Redaksie

Hoewel as lojale Vrystaters en Cheetahs jou bloed oranje pomp, loop die frustasievlak met huidige tendense in Vrystaat rugby hoog.
Eerstens, die sukkelende vertonings van die Cheetahs in die Super 15 vanjaar. Hoeveel wedstryde is nie verloor wat eintlik gewen moes gewees het nie? Dan gaan dit nie soseer oor die ander spanne wat so goed is nie, maar oor ooglopende dom wedstrydtaktiek, soos om swaarverdiende balbesit in die keelgate van opponente af te sool.
Spankeuses, soos die hantering van Sias Ebersohn, WP Nel en ander, kan met reg bevraagteken word, terwyl gebrek aan motivering by spelers al te veel na 'n verdere probleem lyk.
Hoe lyk die wedstrydbenadering wat daartoe lei dat met die laaste wedstryd teen die Bulle, die Cheetahs rustyd 0-26 agter was, maar in die tweede helfte 24 punte teenoor 16 aangeteken het?
Belangrikste, is dit lyk of die wil om te wen, ontbreek en of die spelers nie glo hulle kan wen nie. In ses van die Super 15 wedstryde vanjaar - weg teen die Leeus (25-27), Brumbies (23-24), Crusaders (21-28) en Stormers (14-16) en tuis, teen die Highlanders (33-36) en Stormers (6-13) was dit so byna-byna, maar soos die Engelsman sê: “A miss is as good as a mile,”
Teen hierdie agtergrond is daar die uitvloei uit die provinsie van puik plaaslik-gekweekte rugbytalent.
Van die huidige spelers in die Springbokspan wat hul rugby in die Vrystaat geleer het, sluit in Frans Steyn, Bjorn Basson, Morné Steyn, Ruan Pienaar, Jannie en Bismarck du Plessis en Flip van der Merwe, terwyl onder die Jong Bokkies wat pas die Wêreldbeker gewen het, tel Jan Serfontein en William Small-Smith, wat albei vir Vrystaatrugby verlore is.
Daarby is byna die hele bestuurspan van die seëvierende Jong Bokkies oud-Cheetahs – manne wat in Bloemfontein naam gemaak het, voordat hulle groener weivelde gaan soek het, nl. die twee voormalige Springbokke, Dawie Theron as hoofafrigter en die agterspelerafrigter Brendan Venter. Die ander hulpafrigter, die Springbok-sewesspeler Jonathan Mokuena, was 'n losvoorspeler in die Cheetahspan.
'n Sleutellid van die huidige senior Springbokspan is Rassie Erasmus met sy yslike Vrystaat-CV.
Menige Cheetah-ondersteuner vra: Waar lê die probleem? Hulle sê dan dat die vinger onvermydelik wys na die huidige bestuurskader van Vrystaat / Cheetah-rugby.
Die volgende onafwendbare vraag is: Wat gaan omtrent die klaarblyklike probleem gedoen word?

Kategorie: Sport

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


17/05/13 om 08:28:45

Onrusbarende berigte

FRans Malherbe (Skuilnaam sę:

"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."