wordpress visitor
Oorlogsmuseum en Vrouemonument: Brief uit Nederland - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Oorlogsmuseum en Vrouemonument: Brief uit Nederland

Kommentaar (0)

06/08/12

· Johann Dannhauser

Heel toevallig het Ditsem Vrystaat op 'n brief op die Internet afgekom, geskryf deur 'n “Nederlandse student” wat 'n besoek gebring het aan die Oorlogsmuseum en Vrouemonument in Bloemfontein.
Die volgende is 'n uittreksel uit die brief:
“Soos ek eerder geskryf het, het ek gaan  studeer in Suid-Afrika, in Bloemfontein, aan Kovsies. Ek was nog nie vir vier ure op die kampus nie, toe ek in 'n bussie direk na die Nasionale Vrouemonument gery het.
“Die museum was gesluit tot 6 April 2013, dus ons kon net buite kyk. Daar was 'n gids wat ons oor die terrein gelei het, maar ongelukkig het hy min vertel oor die Tweede Boere-oorlog. Hy het net gesê dat goud die aanleiding was, maar hy't niks gesê oor die res van die oorlog, die Triomfweek van Desember 1899 of die belangrike houding van Nederland tydens die oorlog nie.
“What a shame. Dit was net 'n twee uur durende ANC-propagandashow. En die Boere is so sleg, en hul onderdruk ons steeds, en ons het die Britte gesteun en nie die Boere nie. Dit het amper gelyk of hy die Britte wou vervloek omdat hulle gefaal het om die Boere volledig uit te roei.
“Ek moet sê, die man is baie kreatief. Hoe hy gebeurtenisse verbind, dis wonderlik. By die beeld Afskeid het hy gepraat oor die afskaffing van apartheid en het hy gesê die woord is geen Afrikaans nie, maar Nederlands.   
“By die ry plakette met die name van konsentrasiekampe het hy gepraat oor die onderdrukking van swart mense tydens apartheid. By die groot obelisk/monument en by die Bittereinder-standbeeld het hy gepraat oor die verpligting van Afrikaanse onderrig, die 1976-relle en het hy danksy die uitsig na die Suidkampus van die UV gewys, wat vroeër deel was van 'n swart universiteit.
By die Bannelinge-monument het hy gepraat oor die ANC-bannelinge. Niks oor die Boere wat dood is in Ceylon en St. Helena of die duisende Hollanders van Transvaal wat met hul gesinne deur die Britte uitgegooi is na Nederlands-Indië.
“Die voorstelling was siek. Wat moet my Nederlandse medestudente of die Amerikaanse prof, wat ook daar was, dink oor Afrikaners?
“Om te vra: Wie bestuur die museum? Die ANC?”
Die volledige brief op die Internet kan gelees word by http://i90christian.wordpress.com/2012/07/18/hallo-suid-afrika-hallo-anc-propaganda/.
Ditsem Vrystaat het hierdie aangeleentheid per epos verwys na die Direkteur van die Oorlogsmuseum, mnr. Tokkie Pretorius, wat soos volg geantwoord het: “Ek kan jou verseker en ek dink jy ken my standpunt dat die museum geskiedenis uitbeeld en nie politiek nie. Ek as direkteur sal nooit en het nog nooit politieke stellings in die museum gesanksioneer nie Ek dra nie kennis van die insident nie en sal graag wil weet wie die gids was.”
• Die Oorlogsmuseum is tans gesluit tot 2013 vanweë verbouings en aanbouings. Van die toevoegings tot die museum en terrein die afgelope tyd was die Sol Plaatjiesaal in die museum, die Gedenkmuur vir gesneuwelde Boerekrygers, die standbeeld Agterryer op die terrein en die aanbring van 'n replika van ‘n Britse garnisoenhospitaal op die terrein.

Kategorie: Erfenis

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."