Matrieks 2012: Groot uitdagings
Kommentaar (0)
06/08/12
· Redaksie
In 'n Suid-Afrika wat in talle opsigte eerder op sy kop as op sy voete funksioneer, staar die Matrieks van 2012 geweldige uitdagings in die gesig.
Om hierdie onderwerp te ontleed, is dit allereers nodig om die realiteit te sien dat die uitdagings vir Matrieks vanjaar nie vir almal dieselfde is nie. Terwyl daar uitdagings is wat wel deur almal in die gesig gestaar word, is daar uitdagings wat eiesoortig is vir onderskeidelik swart, bruin en wit leerders.
Gemeenskaplike uitdagings sluit o.m. in die behoefte om 'n werk met 'n leefbare inkomste te kry, om tersiêr opgelei te word geskik vir die werkplek van keuse, om die geld te hê om verder te kan studeer, om die geweldige aanslae van hedendaagse maatskaplike euwels te weerstaan, om 'n sinvolle bydrae in hul vaderland te maak, ens.
Vanjaar se Matrieks is almal in 1994 of omstreeks daardie tyd gebore, met die koms van die sg. demokratiese Suid-Afrika. Hulle het dus in die “nuwe” SA grootgeword en dit is die enigste bedeling wat hulle eerstehands ken. Tog is die belewenis van die meeste swart kinders anders as dié van talle wit kinders - vanweë verskillende sosio-ekonomiese en kulturele milieu's waarin hulle grootgeword en skoolgegaan het. Ook is die belewenis van baie bruin kinders op bv. die Kaapse Vlakte anders as dié van swart en wit kinders.
Daar is hier nie ruimte om op al hierdie, meesal kontroversiële, aspekte in te gaan nie en word derhalwe gefokus op die uitdagings waarvoor spesifiek wit Matrikulante te staan kom.
Hierdie uitdagings is o.m. die volgende:
Die eerste hekkie is om die beste Matriekuitslae moontlik te behaal. Dit gaan kwalifisering vir die verskeidenheid van tersiêre studierigtings bepaal. 'n Matrieksertifikaat moet glad nie gesien word as 'n paspoort tot die werkplek nie, maar as 'n toegangskaartjie tot die tersiêre studierigting van keuse.
Die tweede hekkie is vasstelling met sekerheid watter beroep jy wil volg. Doen dit wat vir jou so lekker sal wees as om 'n stokperdjie te beoefen. Gelukkig is so 'n mens! Luister na raad, maar laat niemand jou in 'n rigting indruk nie. As jy in jouself of saam met jou ouers nie seker is nie, raadpleeg 'n beroepsvoorligter, maar neem steeds self die finale besluit.
Die derde uitdaging is om nie deur verskillende vorme van maatskaplike druk ontspoor te word nie. Groepsdruk, die verwoestende effek van pornografie, die suigkrag van materialisme en die gevare van dwelms is sommige van die geestelike roofdiere wat 'n hedendaagse jongmens kan verskeur.
Om politieke druk te sien vir wat dit werklik is, is nog 'n uitdaging. Die groot stroom in die wêreld vandag is om mense te stroop van hul kulturele oorsprong en identiteit en hulle in die drukgang van 'n gryslose massa in te forseer. Daarenteen erken en leef jou volkskap uit, want dit is soos wat jy geskape is en is dit die enigste model wat die toets van die tyd gaan deurstaan.
Die ANC-regering van die dag is ook 'n enorme uitdaging. Die Christelike benadering is vervat in die Bybel. In die lig daarvan weet dat sg. “swart ekonomiese bemagtiging” en “regstellende aksie” gruwelike diskriminasie teen witmense is en nooit aanvaar behoort te word nie. 'n Wit jeugdige Suid-Afrikaner is 'n eersteklasburger van hierdie land en basta met die res!
As jy weens verskeie redes nie kan gaan studeer in die rigting van jou voorkeur nie, doen moeite om wel 'n kwalifikasie of meer te verwerf. “Papiere” kan net help om 'n beter staanplek in die lewe te kry.
As jy nou of later nie werk kry nie, hou aan soek en as dit moet, werk verniet vir iemand. Enige ondervinding is beter as geen ondervinding en kan later net die sleutel wees tot 'n goeie pos.
Laastens vir nou, as dit enigsins kan, word 'n entrepreneur. Almal is nie entrepreneurs nie, maar met die wil om te slaag en 'n bereidheid om te leer in die proses, kan sukses behaal word. Om met Gods genade in die SA van vandag jou eie baas te wees, kan uiters voordelig wees.
Vir die wit Matrikulant van 2012 is die pad vol dorings, maar met geloof en die regte gesindheid bied jou vaderland, ondanks al sy gebreke, 'n fees van geleenthede, selfs soos geen ander land ter wêreld nie. Dit hang grootliks van jouself af!
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."