Afganistan deur hiperspektroskopies gekarteer
Kommentaar (0)
08/08/12
· Redaksie
Mynbou en landbou in Afganistan kan geweldig baat vind nadat dié land die eerste ter wêreld geword het wat volledig deur ‘n tegniek gekarteer is, wat in Engels as Broad Scale Hyperspectral Data bekend staan. Die kaart dui onder meer die voorkoms van minerale en geskikte landbougrond aan en die tegniek behels die neem van lugfoto’s waar die terugkaatsing van verskillende tipes materiaal en plantegroei gemeet word. Die metode is veral geskik vir kartering van onherbergsame streke, bv. in Afganistan het dit die USGS (United States Geological Survey) en die Afgaanse Geologiese Opname in staat gestel om verskeie areas met ‘n belowende voorkoms van minerale te identifiseer. Dit is bekend dat Afganistan ryk aan onontginde minerale is en word gesê dat dit eintlik die rede vir militêre ingryping van buitelandse moondhede is. Die vraag wat vanself opkom, is, as hierdie gesofistikeerde opnames van Afganistan gemaak is, wat is nie alles beskikbaar oor Suid-Afrika nie?
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."