wordpress visitor
Val skaliegas in eie swaard? - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Val skaliegas in eie swaard?

Kommentaar (1)

08/08/12

· Redaksie

Die Brits-Australiese BHP Billiton moes pas $2,8 miljard op ‘n skaliegasveld in Fayetteville, Arkansas afskryf – nie oor die gas minder is as wat voor eksplorasie gehoop is nie, maar omdat die oorproduksie van skaliegas die prys van gas in die VSA in ‘n jaar met 45% laat daal het. Dit is die laagste vlak sedert 1999. Die tegnologie om skaliegas ekonomies lonend te ontgin, is teen die laat jare 90 ontwikkel, en binne vyf jaar was die VSA selfvoorsienend aan gas. Nou oortref die produksie die aanvraag by verre. Metaangas, die gas wat met skaliegas ontgin word, is in sy gasvorm ‘n broeikasgas wat met koolsuurgas meeding, maar as dit vir energiedoeleindes verbrand word, is dit omgewingsvriendelik. Vroeër vanjaar het die Internasionale Enegrie-agentskap, IEA, geskryf dat ‘n goue toekoms vir skaliegas voorlê. Weens die groter beskikbaarheid van die gas, en die gevolglike afwaartse druk op pryse, word verwag dat die aanvraag na gas tussen 2010 en 2035 met 50% toeneem. Teen 2035 word verwag dat gas steenkool as energiebron sal verbysteek en met ‘n markaandeel van 35% nog net deur olie oortref sal word.

Kategorie: Omgewing

Piet Botha - 24/08/12 om 06:39:41

Net 'n klein maar belangrike regstelling van 'n stelling wat gemaak is, nl dat as metaangas verbrand word ,dan is dit omgewingsvriendelik. Dit is waar dat dit heelwat "vriedeliker" is,maar nog nie heeltemal vriendelik nie. Dit word in Koolsuurgas omgesit , wat juis die' groot kweekhuisgas is.
Dit is wel so dat metaangas 21 maal erger as koolsuurgas in die' opsig is, maar die probleem word nie heeltemal opgelos nie. Indien groot volumes van die aardgas verbrand sou word ,sal dit die koolsuurgas lading in die atmosfeer, net verder vergroot. Ons moet na ander energiebronne kyk, wat nie die kweekhuisgas probleem en aardverhitting vererger nie.

Lewer kommentaar op Piet Botha
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."