wordpress visitor
Rusland open kernkantoor in SA - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Rusland open kernkantoor in SA

Kommentaar (1)

08/08/12

· Redaksie

Suid-Afrika het slegs die derde land ter wêreld geword ná Oekraïne en Singapoer waar die Russiese staatsbeheer energiegroep Rosatom ‘n kantoor open. Dit geskied teen die agtergrond van die feit dat die SA regering beplan om 9,6 GW kernkragkapasiteit teen 2030 te ontwikkel deur die bou van ‘n nuwe kernkragaanleg. Na berig word, sal die kantoor van Rosatom daarna streef om nie net kernkragverhoudinge met SA uit te bou nie, maar ook nywerheids- en finansiële betrekkinge. Rosatom en die SA Atoomenergiekorporasie (Necsa) het ook ‘n memorandum van verstandhouding geteken waardeur die twee instansies gesamentlike kernkrag ontwikkelingsprojekte en navorsing sal onderneem.

Kategorie: Ontwikkeling

J du Plessis - 13/08/12 om 07:53:14

Kernkrag is die kragbron van die toekoms. Selfs met die onlangse gebeure in Japan is daar minder mense dood as wat jaarliks in steenkool myne sterf. Die gebeure in Japan is veroorsaak deur 'n onnatuurlike natuurramp. As kern krag reg bestuur word, is dit baie skoner as fossiel brandstof krag sentrales. Of saam met die Russe gewerk word is 'n ander vraag.

Lewer kommentaar op J du Plessis
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

23/05/13 om 03:45:47

Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid

Piet Mulder sę:

"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."


23/05/13 om 12:03:55

Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis

Jaco de Beer sę:

"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."


23/05/13 om 09:54:25

Verpolitisering van onderwys

Willie sę:

"Wat n klomp twak.Dit gaan by ons as ouers berus om ons kinders die waarheid..."


23/05/13 om 01:52:43

“Regstellende” wette ondermyn werkskepping

C. Visser sę:

"Daar is baie ander redes vir werkloosheid. In ons dorp dien verpleegperson..."