Vrystaatse premier deur Openbare Beskermer ondersoek
Kommentaar (0)
08/08/12
· Redaksie
Die Openbare Beskermer (OB), adv. Thuli Madonsela, is tans besig met ‘n amptelike ondersoek na die omstrede vlagskipprojek Operasie Hlasela van Vrystaatse premier Ace Magashule. Daar is omstredenheid oor betalings van sowel belastingbetalerfondse as skenkings van die private sektor aan die fonds en hoe die geld deur die fonds aangewend is. Die verslag van die OB sal na verwagting in September vrygestel word. Intussen sê Magashule daar is niks ongerymd omtrent die fonds nie en dat daar ‘n verskil is tussen Operasie Hlasela Fonds en die regering se Operasie Hlasela, met eersgenoemde ‘n nie-regeringsorganisasie. Inmiddels is Magashule ‘n lojale ondersteuner van pres. Jacob Zuma en sy beskikbaarheid as president van die ANC vir ‘n verdere termyn.
Kategorie: Korrupsie
Lewer kommentaar op hierdie berig













18/05/13 om 01:12:38
Nuwe Smouswet gekheid
jaap sę:
"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."
17/05/13 om 11:30:12
Vrystaat Stadion meer leefbaar
J.Meyer sę:
"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."
16/05/13 om 10:02:15
Nog twee plaasaanvalle
Barend Kruger sę:
"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."
17/05/13 om 08:28:45
Onrusbarende berigte
FRans Malherbe (Skuilnaam sę:
"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."