Vanderkloof Waterfees 2012
Kommentaar (0)
17/08/12
· Redaksie
Vanjaar 4 - 7 Oktober is dit tyd vir die grootste jaarlikse gebeurtenis op Vanderkloof, die karaktervolle dorpie geleë op die oewer van die Vanderkloofdam, die tweede grootste dam in SA. Hierdie gebeurtenis is die Vanderkloof Waterfees, wat vanjaar vir die derde keer aangebied word. Die volgepakte program sluit in bootskattejag, naghengel, jet-ski pretrit, padwedloop, kosmark, kunsmark, sterkmankompetisie, Mej. Waterfees, paintball, teikenskiet, skietkompetisie, damwal- besoeke en ander vermaak vir jonk en oud, asook 'n groot Kinnerland met springkastele, waterglybane, spookasemmasjiene, narre, ens. Daar is ‘n aantal minderbevoorregte skole en instansies op dorpe in die streek wat baat vind uit die finansiële opbrengs van die fees. Dit alles bring mee dat die aanbieding van die Waterfees 'n inspuiting en hupstoot is vir sosio-ekonomiese ontwikkeling in 'n gebied wat 'n geweldige behoefte aan vooruitgang het. Vir die feesnaweek van 4-7 Oktober 2012, is kunstenaars soos Jannie Moolman, Pieter Koen, Joe F, en ander bekende en opkomende kunstenaars reeds bevestig. Vir meer inligting kontak Mari Cloete of Yolanda Potgieter by 053 207 0145 of epos voorsitter@waterfees.co.za of besoek www.waterfees.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."