Opwaartse druk op oliepryse
Kommentaar (0)
17/08/12
· Redaksie
Met die ru-olieprys wat sedert die einde van Junie met ongeveer $15 per vat gestyg het, lyk sake vir laer oliepryse in die aantog van die Noordelike Halfrond se winter nie te goed nie. Die styging word die Mario Draghi-bons genoem, vernoem na Draghi, president van die Europese Sentrale Bank en die man aan die stuur van Europese pogings om die skuldkrisis af te weer. Hoe beter die kanse raak dat die Europese ekonomie minstens nie sal verswak nie, sal die vraag na ru-olie toeneem – en die pryse dus styg. Intussen maak geopolitieke verwikkelinge in die Midde-Ooste, soos die kernkrisis met Iran, die Siriese burgeroorlog en Egipte se probleme met gewapende insurgente in die Sinaiwoestyn, wêreldmarkte senuagtig en veroorsaak verdere druk op oliepryse.
Lewer kommentaar op hierdie berig













24/05/13 om 08:35:45
Op die Markplein
Carries sę:
"wat dan van 'n ou fototjie van hoe die krippe lyk - 'n boer hou da..."
23/05/13 om 03:45:47
Entrepreneurskap as teenvoeter vir werkloosheid
Piet Mulder sę:
"Pragtige idee, maar ek weet van verskeie families wat hulle eie besighede b..."
23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
24/05/13 om 08:39:08
Verpolitisering van onderwys
Carries sę:
"wat ek verder wou bysę is dat as die leuen lank genoeg as die waarheid voor..."