wordpress visitor
Arizona Dag van Gebed oorleef hofaansoek - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Arizona Dag van Gebed oorleef hofaansoek

Kommentaar (0)

17/08/12

· Redaksie

Die Amerikaanse deelstaat Arizona se Dag van Gebed wat deur die goewerneur, me Jan Brewer, geproklameer is, bly geldig nadat ‘n hoërhof ‘n vroeëre distrikshofbevel gehandhaaf het. ‘n Aansoek om die dag van gebed te verbied is in Maart 2010 deur die Free from Religion Foundation van Wisconsin ingedien. Die stigting het aangevoer die proklamasie oortree die grondwetlike verbod op die regering om ‘n godsdiens te bevorder. Regter Eileen Willett het egter die aansoek afgewys en voorts verklaar dat die aansoek met vooroordeel ingedien is. Dit beteken die aansoek mag nie weer voor die hof gebring word nie. Die berig het kort nadat dit op die Christian Coalition of America se webblad geplaas is, meer as 42 000 “likes” opgelewer.

Kategorie: Godsdiens

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."