wordpress visitor
Internasionale Dag vir Inheemse Groepe - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Internasionale Dag vir Inheemse Groepe

Kommentaar (0)

17/08/12

· Redaksie

Vrydag, 10 Augustus, was Internasionale Dag vir Inheemse Groepe. Sulke groepe verwys normaalweg na die nageslag van ‘n land se oorspronklike inwoners, wat hul eiesoortige kultuur bly behou en onderskei word van die hoofstroom van daardie land. Hulle is dus gewoonlik minderhede en juis daarom is daar besondere aandag aan hoe hul minderheidsregte beskerm word. Volgens die VN is daar nou sowat 370 miljoen inheemse mense ter wêreld, wat sowat 6% uitmaak van die wêreldbevolking, maar ongeveer 30% van die wêreld se 900 miljoen baie arm mense. Hulle is sowat 5 000 identifiseerbare groepe wat in 72 lande woon. Ongeveer ‘n 100 miljoen mense, meestal inheems, is lede van instansies wat lid is van die Onverteenwoordigende Nasies- en Volke-organisasie (UNPO). Via hierdie organisasie se lewendige werk kan die lot van ook die inheemse groepe wêreldwyd goed gevolg word. Soms is dit betreklik maklik om te bepaal watter groepe die eerste inwoners was en dus werklik kwalifiseer om as inheems getipeer te word. Soms is die saak minder duidelik. In Suidelike Afrika sal die Koi, en veral die San as die inheemse bevolkings kwalifiseer. Inheemse groepe geniet volkeregtelik naas minderheidsregte ook pertinent inheemse regte, maar dikwels trek hulle aan die kortste ent. Die Afrikaner is die slagoffers van gereelde beskrywings as setlaars, wat daarom na bewering ‘n mindere of selfs geen aanspraak het om in die land te wees nie. Die feit is egter dat op die Koi en San na niemand dan in die land volwaardig geregtig sou wees om in die land te wees nie. Dit sou ook absurde gevolge elders ter wêreld hê, met onder meer die Indiese bevolking wat nie in Indië hoort nie, die Chinese nie in Taiwan nie, die Japannese nie in Japan nie en die Amerikaners nie in die VSA nie. Inheemse regte se grootste waarde bly in die noodsaaklikheid om hierdie groepe te laat oorleef. Trouens, die anker vir vreedsame en betekenisvolle voortbestaan, is die erkenning van minderheidsregte.

Kategorie:

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."