wordpress visitor
Petisie teen verpligte eerstejaarsmodule by Kovsies - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Petisie teen verpligte eerstejaarsmodule by Kovsies

Kommentaar (5)

17/08/12

· Redaksie

Volgens ‘n mediaverklaring loods AfriForum Jeug Kovsies (AFJK) vandeesweek ’n petisie teen die module UFS101 wat by die Universiteit van die Vrystaat (UV) deur die rektor, prof. Jonathan Jansen, geinisieer is. In die module word aspekte rondom o.m. geloof, politiek en geskiedenis in die Suid-Afrikaanse konteks bespreek, met sekere gedeeltes van die kursus wat handel oor die bestaan van God en die skuld wat wit jongmense vir apartheid moet dra. UFS101 is ’n verpligte jaarmodule wat alle eerstejaarstudente vir graaddoeleindes moet slaag. Dit word slegs in Engels aangebied. In die module se uiteensetting word die gebruik van Afrikaans in dié kursus verbied ten einde “maatskaplike samehorigheid te bevorder”. Studente word verder ook verbied om hul werksopdragte in Afrikaans te beantwoord. Prof. Dolf Britz, wat studente as gasspreker tydens die UFS101-module toegespreek het, het ’n vergelyking getref tussen die Slag van Bloedrivier en Sharpeville en namens Afrikaners verskoning gevra vir sy geskiedenis omdat Afrikaners se hande met bloed bevlek is en hulle daarom swart mense om vergifnis moet smeek. Eerw. Sukdaven het in reaksie namens ander Suid-Afrikaners die verskoning aanvaar. Scenario’s waarin ’n swart student drie onderskeidings in matriek behaal het, teenoor ’n wit student wat agt behaal het, word ook in die kursus aan studente voorgehou, waarna die studente moet verduidelik waarom meriete nie as maatstaf vir toelating behoort te geld nie. “Die Afrikaner word as boosaardig voorgehou, terwyl ander groepe as vlekkelose helde uitgebeeld word. Studente neem verder aanstoot aan die wyse waarop Christenskap in twyfel getrek word en die manier waarop hulle gedwing word om eenvormige opinies te vorm,” aldus Anné Calitz, voorsitter van AFJK. Vir meer inligting, kontak Calitz by 084 468 6598 of kovsies@afriforum.co.za

Kategorie: Erfenis

Louis van Ryneveld - 17/08/12 om 01:23:03

"Prof. Dolf Britz, wat studente as gasspreker tydens die UFS101-module toegespreek het, het ’n vergelyking getref tussen die Slag van Bloedrivier en Sharpeville en namens Afrikaners verskoning gevra vir sy geskiedenis omdat Afrikaners se hande met bloed bevlek is en hulle daarom swart mense om vergifnis moet smeek."
Dolfman, wat jy hier praat herinner aan die landmyne wat honde op grasperke los. Kan die swartes van SA ooit genoeg dankie sę vir al die voordele wat blankes na hierdie land gebring het? En kan verteenwoordigers van die swart bevolking ooit genoeg verskoning vra vir die liederlike korrupsie van 'n swart regering en vir die moordveldtog teen witmense?

Dolfie, dis tyd dat jy wakker word.

Lewer kommentaar op Louis van Ryneveld
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Ernst Swanepoel - 17/08/12 om 04:24:22

Ek is verstom. Is Dolf Britz 'n christen? Terwyk die wereld in oorloe gewikkel was het my voorouers die plaaslike bevolking die Weg na Saligheid geleer! Hande vol bloed!!!?
Hoe kan ons verwag om gerespekteer te word deur ons swart kollegas as ons "professore" sulke diaboliese, onware kommentare maak?

Lewer kommentaar op Ernst Swanepoel
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Adi Schlebusch - 17/08/12 om 04:29:47

Prof Britz maak natuurlik 'n fatale hamartiologiese fout - hy vra 'n sekere volk om vergifnis asof die sonde teen hul gepleeg is. Dat vergifnis tussen mense wel moet plaasvind is ongetwyfeld, maar in die Skrif is dit altyd slegs binne die konteks van die gemeente. Die hele konsep van 'sonde teen die mensdom' is totaal onbybels.

Uit persoonlike gesprekke met hom weet ek ook dat Prof Britz die historiese fout begaan om aan te neem dat omdat daar reeds Britse imperialiste as "sendelinge" onder die Zoeloes opgetree het, hulle reeds Christene was - 'n uiters teleurstellende non sequitur argument vir 'n Kerkhistorikus wat wereldwyd hooggeag word.

Lewer kommentaar op Adi Schlebusch
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Anzel du Toit - 20/08/12 om 12:51:26

Wat vir my so interessant is, is die feit dat hierdie vak van toepassing sal wees op studente wat in die nuwe SA gebore is (1994). Nou vra ek jou hoekom moet hierdie studente verantwoordelikheid dra vir apartheid as hulle in die demokratiese SA gebore is? Julle probeer vir die studente leer dat elke mens 'n stem het, maar dan is dit net wanneer dit julle pas? Julle kan nie "maatskaplike samehorigheid" behaal deur studente hul regte te ontneem nie.

Ek het al menige maal gehoor dat 'n professor 'n "geleerde idioot" is, maar na dese begin hierdie stelling baie sin maak. My vraag aan Prof Jansen is: Is hierdie vak grondwetlik? NEE! Volgens die grondwet het elke landsburger die reg om sy geloof vrylik te beoefen en deur hierdie vak wil jy Christene vertel oor God se bestaan. Miskien moet jy eers daarna gaan soek. Tweedens druis dit ook in teen die reg om in jou eie taal onderrig te word en nou wil julle die vak net in Engels aanbied en word studente verbied om in Afrikaans werksopdragte in te handig? Ag nee hel!

Prof Britz vergelyk Bloedrivier met Sharpville? Feite: By Bloedrivier het tussen 10 000 en 15 000 Zulu's die 470 Boere aangeval. By Sharpville het tussen 5000 en 7000 (swart) mense die polisie stasie,waar minder as 20 polisielede aan diens was, bestorm. Nog 'n voorbeeld is die afgelope week se gebeurtenis by Lonmin myn waar 3000 gewapende stakers op 'n handjie vol polisiemanne afgestorm het. Nou wil jy wat Britz is vir my kom sę ek moet om verskoning vra omdat my voorgeslagte hulle self beskerm het teen die massas? As hulle dit nie gedoen het nie, was ek nie hier nie, so ek sal nie om verskoning vra nie. Het dié wat die plaasmoorde gepleeg het, of ou mense aangerand het, of baba's verwurg het of 12jariges in kookwater verdink het al OOIT om verskoning gevra? Eersgenoemde gevalle was uit selfverdediging. Wat is hierdie monsters se verweer?

Dan wil julle nog volhou dat studente nie op meriete behoort toegelaat te word nie? O hel, behoede ons die dokters van die toekoms wat skaars matriek kon slaag en slegs 40% behaal het vir hul graad,om ons te genees.

Na 18 jaar kan die wit mense (apartheid)nie meer geblameer word vir die foute van die regering nie. Hulle onvermoë om goeie onderrig aan te bied is nie die skuld van 'n student wat sy hele skoolloopbaan onder die nuwe regering se kurikulum deurgemaak het nie. Hoe kan so 'n student gestraf word vir 'n era waarin hy nie eens gebore was nie?

Maar nou ja, ek weet hierdie skrywe van my sal seker op dowe ore val, want julle is mos siende blind en horende doof. Julle almal kla oor dis tyd vir verandering en almal moet gelyk behandel word. Dalk moet julle eers gaan leer wat gelyk beteken.

Ek skaam my om myself 'n oud-Kovsie te noem.

Lewer kommentaar op Anzel du Toit
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Amos Smit - 27/08/12 om 06:47:50

Om die balans te kry, sal dit vir 'n slag goed wees om apartheid en die huidige onmenslike en veragtelike beleid van Swart Ekonomiese Besteling (SEB)met sy groeiende lys van onregverdighede met mekaar te vergelyk.

Lewer kommentaar op Amos Smit
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

16/06/13 om 11:29:33

“Parlement laat mense in die steek”

Izak du Toit sę:

"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."


16/06/13 om 11:15:17

Sasol miljarde rand uit die sak

Izak du Toit sę:

"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."


16/06/13 om 11:10:12

Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig

Izak du Toit sę:

"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."


12/06/13 om 11:04:56

Ditsem: Naamsaanpassing

C P du Toit sę:

"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."