Toestand van Winburg-konsentrasiekampbegraafplaas in hof
Kommentaar (0)
17/08/12
· Redaksie
AfriForum het aangekondig dat dit die Masilonyana Munisipaliteit die stryd in die hof gaan aansê oor die versaking van pligte om die Winburg-konsentrasiekampbegraafplaas in stand te hou. AfriForum het in Julie 2012 ʼn aansoek teen die munisipaliteit gebring weens laasgenoemde se swak bestuur van die omgewing om hierdie belangrike erfenisterrein. Die munisipaliteit het aangedui dat dit die aansoek gaan opponeer. Die feitelike situasie is dat die gebrek aan ‘n munisipale rommelbeheerbeleid tot gevolg het dat rommel na willekeur op die terrein gestort word. Nie net word die grafte van vroue- en kinderslagoffers van die Anglo-Boereoorlog, asook enkele Britte, deurgaans deur bourommel, huisafval en selfs dooie diere bedek nie, maar word ʼn gesondheidsgevaar ook vir woongebiede in die omgewing geskep. Voorts is die pad na die terrein haas onbegaanbaar, onwettige gruisgrawery direk langs die terrein ʼn ernstige erosiegevaar skep. Die munisipaliteit het voor AfriForum se aansoek verskeie versoeke van die Erfenisstigting en selfs direktiewe van die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake geïgnoreer en probleme toegelaat om te vererger.
Kategorie: Erfenis
Lewer kommentaar op hierdie berig













23/05/13 om 12:03:55
Nuwe boek oor slawe in SA geskiedenis
Jaco de Beer sę:
"Interessant dat dit juis die Engelse was wat probeer het om die "slawe" eti..."
23/05/13 om 11:10:10
Verpolitisering van onderwys
Sarel sę:
"Apartheid kry skuld vir baie, wonder net hoekom is die HELE afrika donker e..."
23/05/13 om 10:09:20
Regstellende wette ondermyn werkskepping
willem van staden sę:
"Ons by die vvk [www.vvk.co.za]smeel alle Afrikaners om op ons kieserslys te..."
23/05/13 om 07:51:47
Cosatu vra sanksies teen blanke boere
cbc sę:
"Ja, byt maar die hand wat jou kos gee en kyk waar jy volgende jaar gaan kos..."