wordpress visitor
Volksvergadering met tema Ons hét ’n toekoms! - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Volksvergadering met tema Ons hét ’n toekoms!

Kommentaar (2)

23/08/12

· Redaksie

In ‘n mediaverklaring sê die Geloftevolk van SA dat hul vierde volksvergadering DV gehou sal word op 5 tot 7 Oktober 2012 te Majuba Feesterrein, Volksrust. Die tema van die vergadering is Ons hét ’n toekoms! Volgens die mediaverklaring “maak die huidige Grondwet van die RSA in artikels 9,15,16,17,18 en 19 voorsiening vir die herstel van baie van ons kultuurgoedere en eiesoortigheid en funksioneer die Joodse en Moslem-gemeenskappe reeds daarvolgens. Daar is dus volksbelange en gebruike wat die afgelope 18 jaar in die slag gebly het, wat wettiglik herstel kan word. Die Geloftevolk het sedert die 2009 Volksvergadering die weg begin berei om selfstandigheid uit die Hand van die Almagtige God te ontvang, soos by Bloedrivier in die vooruitsig gestel is. Ons begeerte is om tot eer van Sy Naam vir Hom as volk ‘n huis te stig. Laat ons daarom red wat te redde is en sodoende die siel van die volk aan die lewe hou. Wat ons ook al doen, sal nie slaag as ons dit nie doen ooreenkomstig die Skrif nie,” aldus die verklaring. Belangstellendes kan aansoek doen vir ’n spreekbeurt voor 10 September 2012 by vrkomitee@gmail.com. Vir meer  besonderhede, besoek www.volksvergadering.co.za of fb Volksvergadering. Navrae aan dr. Ronnie van der Merwe 073 557 3337, of Flip Swanepoel 082 4554 303.

Kategorie: GKK

SWJ - 23/08/12 om 04:33:52

Ek het op die 'volksvergadering'-skakel geklik en onmiddellik hierdie virus-waarskuwing gekry:
"Threat was blocked! Threat name: Exploit JavaScript Obfuscation (type 156) iexplore.exe; Process ID: 628"
Kan julle nie seker maak webwerwe veilig is voordat julle skakels na die werwe publiseer nie?

Lewer kommentaar op SWJ
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

SCJB - 12/09/12 om 06:08:53

Van SWJ gekopieer en plak.
Ek het op die 'volksvergadering'-skakel geklik en onmiddellik hierdie virus-waarskuwing gekry:
"Threat was blocked! Threat name: Exploit JavaScript Obfuscation (type 156) iexplore.exe; Process ID: 628"

Lewer kommentaar op SCJB
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sê:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sê:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sê:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sê:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."