TLU SA oor deelname aan Groenskrif-proses
Kommentaar (0)
23/08/12
· Redaksie
In ’n mediaverklaring sê TLU SA hulle is nie tevrede met die uitkoms van die openbare deelnameproses oor die Groenskrif oor Grondhervorming nie. Volgens TLU SA, “was hulle onder die indruk dat baie ‘gee en neem’ voorgekom het gedurende werkskomiteebesprekings en derhalwe behoort die gevolglike konsensus nie ligtelik opgeneem te word nie. Dit is duidelik dat die produk by NAREG verskil van die weergawe wat oorspronklik deur die werkskomitees ter tafel gelê is. Daar is rede om te glo dat die veranderinge voorgestel is deur 'n groep akademici om voorsiening te maak vir ideologiese voorwaardes wat deur die regering gestel is. Indien dit inderdaad die geval is en deelname aan 'n proses wat veronderstel is om deursigtig te wees, in werklikheid gemanipuleer word, tas dit die legitimiteit van die hele proses aan en is dit niks meer nie as 'n voorgeskrewe reeks van gebeure om te voldoen aan die vereistes van ‘deelname’. Indien die finale verslae nie vry sal wees van ideologiese manipulasie buite die omvang en raamwerk wat deur die wet bepaal word nie, sal TLU SA sy deelname aan die huidige proses heroorweeg."
Lewer kommentaar op hierdie berig













16/06/13 om 11:29:33
“Parlement laat mense in die steek”
Izak du Toit sę:
"Is die parlement net bymekaarkom plek vir "slapende obuus"lede van ons ANC ..."
16/06/13 om 11:15:17
Sasol miljarde rand uit die sak
Izak du Toit sę:
"Is dit maak ook ons belastinggeld wat aangewend word vir brandstof wat ons ..."
16/06/13 om 11:10:12
Beweerde Libiese miljarde vir wapentuig
Izak du Toit sę:
"So ons ondersteun nou ook Al Quada- en hoeveer van die R na Zuma en sy Anc ..."
12/06/13 om 11:04:56
Ditsem: Naamsaanpassing
C P du Toit sę:
"Maak absoluut sin. Die naam dek nou ons hele land se nuus en dinge.
..."