wordpress visitor
Vrystaat Landbou veroordeel plaasaanvalle - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

Vrystaat Landbou veroordeel plaasaanvalle

Kommentaar (1)

23/08/12

· Redaksie

In ’n mediaverkaring sê Vrystaat Landbou o.m.: “Suid-Afrika bevind hom meer en meer in ‘n moddergat na nog ‘n sinnelose aanval op die Amerikaanse burger van Ladybrand op die Lesothogrens op 13 Augustus 2012. Onttrekking van buitelandse kapitaal uit die Vrystaat en die res van die land is ‘n resep vir erge armoede en plaas ‘n vraagteken oor die toekoms van Suid-Afrika. Die geweld en misdaad in die Vrystaat en in ander provinsies word selde of ooit deur die leierskap van die regering veroordeel. Polarisasie tussen gemeenskappe en rassespanning verdiep met sinnelose aanvalle op die landelike gemeenskappe. Sedert die bekendstelling van die nasionale landelike beveiligingstrategie te Bethlehem gedurende Junie 2011 het daar nog geen implimentering in die Vrystaat plaasgevind nie. Die reservistebeleid en die aanstelling van reserviste vir die landelike gebiede het sedert die uitfasering van die kommandostelsel ses jaar gelede nog geen vordering getoon nie. Die omvang van veediefstal in die Vrystaat en ook op die Lesothogrens is besig om volhoubare voedselproduksie te kortwiek. Die vraag word gevra of die owerheid nie doelbewus wegskram deur die belange van landelike bewoners te ignoreer nie.”

Kategorie: Blanke moord

Leon - 23/08/12 om 05:32:57

"n Wyse Oubaas het eendag lank gelde vir my van raad bedien. Sy woorde was: "'n probleem is 'n probleem tot hy opgelos kan word. Indien die probleem, nadat jy alles in jou vermoe gedoen het om dit op te los, nie opgelos word nie, is dit nie meer 'n probleem nie, maar 'n feit, wat dan so aanvaar moet word. Anders sal jy tot sterwens nodeloos voortworstel" Probleem of feit?

Lewer kommentaar op Leon
Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


17/05/13 om 08:28:45

Onrusbarende berigte

FRans Malherbe (Skuilnaam sę:

"Stem saam met Olivier.
Gee my die coordinate, dan kyk ons daarna me..."