wordpress visitor
ENGO – nuwe era vir NG Maatskaplike Dienste in Vrystaat - Ditsem Vrystaat - Dit wat saak maak

ENGO – nuwe era vir NG Maatskaplike Dienste in Vrystaat

Kommentaar (0)

30/08/12

· Redaksie

NG Maatskaplike Dienste Vrystaat het op ’n loodsingsfunksie in Bloemfontein ’n Engo, logo en korporatiewe identiteit aanvaar. Volgens ’n mediaverklaring is “Engo ‘n nie-winsgewende en  nie-regeringsorganisasie wat hulp verleen en hoop skep in die lewens van mense. Dit is ‘n Christelike organisasie wat fokus op die versorging van kinders, bejaardes,  gesinne,  persone met gestremdhede, gevangenisse en hospitaalpasiënte in nood. Ongeveer 32 kinder- en jeugsorgsentrums,  23 bejaardesorgsentrums, 13 kinderbeskerming- en gesinsorgkantore,  vier kantore vir persone met gestremdhede en ses ondersteuningskantore vir hospitaalsorg  is in die Vrystaat gevestig.  Ander dienste wat ook onder die Engo vaandel val, sluit in Wetsoortredersorg, Afhanklikheidsorg, Ongetroude Ouersorg en die NeGeMaDi opleidingsfasiliteit. Staatsubsidies dra slegs ongeveer 50% van die begrotingsbehoeftes vna Engo en derhalwe is fondswerwingsprojekte en donasies noodsaaklik vir die voortbestaan van die instansie. Engo lewer al reeds meer as 100 jaar statutêre dienste aan die totale Vrystaat gemeenskap.” Vir meer inligting, kontak Elzabé van Niekerk by (051) 407 7822 of epos evanniekerk@ngmdvs.co.za.

Kategorie: Liefdadigheid

Lewer kommentaar op hierdie berig

Naam:
Epos (word nie vertoon nie):
Jou kommentaar:
Kode:
Los asb. die volgende veld leeg, (sekuriteitsdoeleindes):
Vul asb. die sekuriteitskode in:

In die nuus

Gesprekke aan die gang

18/05/13 om 01:12:38

Nuwe Smouswet “gekheid”

jaap sę:

"Die wet is strydig met die grondwet en daarom ongeldig. Die grondwet bepaal..."


17/05/13 om 11:30:12

Vrystaat Stadion meer leefbaar

J.Meyer sę:

"Solank daar drank te koop aangebied word,en duidelik besope mense toegelaat..."


16/05/13 om 10:02:15

Nog twee plaasaanvalle

Barend Kruger sę:

"Nee, dit moet tot Volksmoord status gedryf word want dit is presies wat dit..."


19/05/13 om 06:27:41

Onrusbarende berigte

Carries sę:

"Is daar iemand wat hierdie ko-ordinate kan verskaf ???..."